Hoop wat kaalvoet loopVoorbeeld
“Geseën met hoop”
Dis so maklik vir ons as gebroke en dikwels onseker mense om bang te word. Daar gebeur immers heeldag dinge waaroor ons nie altyd beheer het nie. Wanneer jy soms twyfel, onseker van jouself is en net bang is vir ’n klomp dinge, is dit goed om weer die verhale van God se trou in die Woord te oordink. Verhale soos dié van Josua:
Sonder enige geweld het God die stad Jerigo in sy volk se hande oorgegee (Jos. 6).
Toe Josua-hulle ekstra daglig-tyd nodig gehad het om die sterk stad Gibeon in te neem, het God die son summier laat stilstaan (Jos. 10).
So het God Josua deur tientalle ander “onmoontlike” oorwinnings gelei (Jos. 6).
Soos met die Josua-verhaal is ook die res van die groot Geskiedenisboek vol bewyse van hoe God bang en eenvoudige mense met krag, hoop en wonderwerke geseën het. Al wat nodig was, was geloof, gehoorsaamheid en gewilligheid om te doen wat God vra.
GEDAGTE VIR DIE DAG: Daar waar God by mense is, hoef hulle nie bang te wees nie. Jy ook nie!
GEBED: Ek is nie bang nie, Here. U is mos in beheer. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.
More
Ons wil graag Milanie Vosloo / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/