Die Heerlikheid van God in die Hemel.Voorbeeld

The Glory of God in Heaven.

DAG 9 VAN 10

Jesus se Wonde is Ewigdurende Bewys.

Deur Ds. Kenley Mann

Daar is op hierdie oomblik 'n paar dinge in die hemel wat deur die mens gemaak is. Weet jy wat dit is? Die wonde wat aan Christus se liggaam gemaak is deur die soldate wat sy hande en voete aan die kruis vasgespyker het, en van die soldaat wat sy sy met 'n spies deurboor het.

Jesus het die dissipels, en 'n week later Tomas, genooi om na sy hande en voete te kyk en Hom aan te raak. Dit was die bewys dat hy liggaamlik uit die dood opgewek is.

Of Jesus nog daardie wonde in die hemel het is debatteerbaar.

1.“Is vermoor” beteken nie net dat dit gebeur het nie, maar ook dat dit deurlopende resultate gee. Daardie wonde wat op die eerste Paasfees bewyse was vir die dissipels, het getoon dat Jesus as die Lam in hulle plek geslag is.

2.Daardie wonde aan Christus as persoon in die hemel gee 'n voortdurende resultaat. Die naam die Satan beteken “aanklaer”. Elke keer as ons sondig, doen die Satan sy naam gestand en beskuldig ons daarvan dat ons gesondig het. Jesus sit egter aan die regterhand van God om die volmaakte verdediging te gee: “Kyk na hierdie wonde. Ek het betaal vir daardie sonde." En ons, as sondaars, is vry.

Terwyl ons sondaars hier op aarde is, sal daardie wonde die ewige bewys en verbinding wees met sy liefde vir ons.

Gebed: Geslagte Lam van God, hier op aarde loof ons U vir die wonde wat U in die hemel dra as bewys dat daar vir ons betaal is. Hou ons verbaas oor u liefde, sodat ons in die hemel in verwondering van u wonde as ewige tekens van u liefde vir ons kan verenig. Amen.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

The Glory of God in Heaven.

As Christene word ons groot en hoor ons verhale oor Jesus, wat uiteindelik in ons plek gesterf het, en uit die dood opgestaan het om ons opstanding na die hemel te waarborg. Ons het die wysheid en kennis om te verstaan dat die hemel ons tuiste is. Ons sal die heerlikheid van God in die hemel sien. Hierdie 10-dag leesplan fokus op ons ewige, perfekte tuiste in die hemel.

More

Ons wil graag die The Lutheran Home Association bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.tlha.org/