Leer Geestelike BeginselsVoorbeeld
DIE GEESTELIKE BEGINSEL VAN AANBIDDING
PRAAT MET GOD
Dank God vir wie Hy is en vir alles wat Hy al vir jou gedoen het. Vra Hom om jou te help om Hom in elke faset van jou lewe te aanbid.
KOM ONS BEGIN
Elkeen moet gedurende die dag 'n paar alledaagse items bymekaar maak, soos bv. 'n selfoon, 'n pen, 'n beursie of 'n kledingstuk. Sit al die items op 'n tafel en wys dit een-vir-een vir almal. Die hele gesin moet dan voorstel hoe elke item gebruik kan word om God te eer (te aanbid). Gee vir elkeen 'n beurt om voorstelle te maak.
KOM ONS DELF DIEPER
Mense dink aanbidding is wanneer ons liedjies sing in die kerk, maar dit is baie meer as dit. Aanbidding beteken om eer aan God te bring of te gee. Daar is baie verskillende maniere waarop ons God kan aanbid. Jy kan God ook met jou gedagtes aanbid as jy nie oor bose of sondige goed dink nie (Filippense 4:8). As jy vrygewig is, bemoedigende woorde spreek en ander mense dien, aanbid jy ook vir God. Bid of sing is natuurlik ook 'n goeie manier om God te aanbid. God wil hê dat jy Hom in elke faset van jou lewe aanbid.
GESELS MET MEKAAR
–Wat is een van jou gunsteling aanbiddingsliedere?
–Op watter ander maniere kan jy God aanbid?
–Watter vorm van aanbidding gaan jy hierdie week beoefen?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met hierdie leesplan sal jy en jou kinders geleentheid kry om vier geestelike beginsels te ontdek: vas, meditasie, Bybelstudie en aanbidding. Jy sal aangemoedig word om eerlike gesprekke te hê oor die uitdagings of beoefening van hierdie beginsels. Deur middel van samespel en nadenkende aktiwiteit, sal jy hierdie beginsels as voorregte leer ken, eerder as roetine take. Elke dag sluit 'n gebed voorstel, kort Skrifgedeelte en verduideliking, praktiese aktiwiteit en besprekingspunte in.
More
We would like to thank Focus on the Family for providing this plan. For more information, please visit: www.FocusontheFamily.com