Leer Geestelike BeginselsVoorbeeld

Learning Spiritual Discipline

DAG 2 VAN 4

DIE GEESTELIKE BEGINSEL VAN MEDITASIE

PRAAT MET GOD
Dank God vir die krag van sy Woord. Vra Hom om jou te help om heeldag op sy Woord gefokus te bly, sodat jy meer soos Jesus kan word.

KOM ONS BEGIN
Sit 'n bord met peuselhappies op die tafel neer. Laat elkeen vat wat hy wil, maar stel een voorwaarde: elke stukkie kos moet 20 keer gekou word. Soos wat elke persoon klaar gekou het, vra hom om die verskillende smake en teksture te beskryf wat hy ervaar het.

KOM ONS DELF DIEPER
Soms sê mense: "Ek moet dit herkou". Hulle bedoel dat hulle 'n rukkie daaroor moet nadink. Wanneer ons die Skrif bestudeer, gebruik ons ons tyd om daaroor te dink en dit "te herkou". As ons nie ons kos kou nie, sal ons nie die smaak daarvan proe nie. Hoe meer ons kou, hoe meer geniet ons die smaak. Net so is dit met die Woord van God. In plaas daarvan om die Woord van God te lees en nooit weer daaroor te dink nie, is dit tot ons voordeel as ons tydsaam daaroor dink en besin oor hoe ons dit in ons lewens kan toepas. Romeine 12:2 sê dat ons ons lewens kan verander deur ons denke te verander of die manier waarop ons oor iets dink. Ons kan leer om soos God te dink as ons sy Woord bestudeer.

GESELS MET MEKAAR
–Oor watter dinge dink jy die meeste?
–Hoe kan jou lewe verander as jy meer oor die Woord van God nadink?
–Watter spesifieke Skrifgedeelte sal jy graag wil bestudeer?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Learning Spiritual Discipline

Met hierdie leesplan sal jy en jou kinders geleentheid kry om vier geestelike beginsels te ontdek: vas, meditasie, Bybelstudie en aanbidding. Jy sal aangemoedig word om eerlike gesprekke te hê oor die uitdagings of beoefening van hierdie beginsels. Deur middel van samespel en nadenkende aktiwiteit, sal jy hierdie beginsels as voorregte leer ken, eerder as roetine take. Elke dag sluit 'n gebed voorstel, kort Skrifgedeelte en verduideliking, praktiese aktiwiteit en besprekingspunte in.

More

We would like to thank Focus on the Family for providing this plan. For more information, please visit: www.FocusontheFamily.com