Leer Geestelike BeginselsVoorbeeld
DIE GEESTELIKE BEGINSEL VAN BYBELSTUDIE
PRAAT MET GOD
Dank God vir sy Woord wat jou help om te verstaan wat die beste vir jou lewe is. Bid dat God jou 'n begeerte sal gee om sy Woord te bestudeer en te gehoorsaam.
KOM ONS BEGIN
Vat 'n notaboek en pen en loop binne of buite jou huis rond. Skryf alles neer wat jy sien, hoor en ruik. Jonger kinders kan saam met hul ouers of boetie en sussie loop. As almal klaar is, bespreek volledig wat jy waargeneem het terwyl jy jou omgewing bestudeer het. Praat oor goed wat jy nie voorheen raakgesien het nie.
KOM ONS DELF DIEPER
Net soos wat jy nuwe dinge in jou bekende omgewing opgelet het, so kan jy ook nuwe dinge in die Bybel vind — al het jy dit al voorheen gelees. Wanneer jy die Bybel lees, moet jy nuwe besonderhede soek oor wie God is, hoe Hy is en hoe jy meer soos Hy kan word. Een manier wat jy kan gebruik, is om die lewens van Bybelfigure te bestudeer. Jy kan ook sekere onderwerpe, soos gebed of vrygewigheid, bestudeer. Jy kan ook die Bybel van voor na agter bestudeer en saam met God deur die geskiedenis reis. Dit maak nie saak watter tipe Bybelstudie jy kies nie, die Heilige Gees maak altyd die Woord van God lewendig in jou hart soos wat jy dinge ontdek wat jy nie voorheen raakgesien het nie.
GESELS MET MEKAAR
–Watter stories in die Bybel is besonders vir jou? Hoekom?
–Watter voordele hou dit in om die Bybel te bestudeer?
–Watter onderwerpe sou jy in die Woord van God wou bestudeer? (Kyk in die konkordansie agter in jou Bybel om idees te kry.)

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met hierdie leesplan sal jy en jou kinders geleentheid kry om vier geestelike beginsels te ontdek: vas, meditasie, Bybelstudie en aanbidding. Jy sal aangemoedig word om eerlike gesprekke te hê oor die uitdagings of beoefening van hierdie beginsels. Deur middel van samespel en nadenkende aktiwiteit, sal jy hierdie beginsels as voorregte leer ken, eerder as roetine take. Elke dag sluit 'n gebed voorstel, kort Skrifgedeelte en verduideliking, praktiese aktiwiteit en besprekingspunte in.
More
We would like to thank Focus on the Family for providing this plan. For more information, please visit: www.FocusontheFamily.com