Leesplan inligting

Saam Met Jesus in Die BootVoorbeeld

Saam Met Jesus in Die Boot

DAG 7 VAN 7

Klim terug in Jesus se boot

Almal onthou Petrus se water-lopie in Matteus 14. Wanneer hy en die ander dissipels vir Jesus op die water sien, dink hulle Hy is ’n spook. Jesus sê vir hulle om nie bang te wees nie. Dit is regtig Hy. Dan toets Petrus vir Jesus. Sy woorde: “Here, as dit regtig U is … ” klink amper identies soos dié van die duiwel in Matteus 4. Daar sê die duiwel drie keer vir Jesus: “As jy die Seun van God is … ” Toe aanvaar Jesus Petrus se uitdaging. Maar Petrus se water-loop hou nie lank nie. Spoedig verander sy toets in ’n hulpkreet. Nogmaals is Jesus daar. Hy red Petrus uit die water. Hy tel hom terug in die boot waar hy hoort. Aan boord aanbid almal dan vir Jesus.

Hierdie verhaal sê nie dat as jy op water wil loop, jy uit die boot moet klim nie. Dis andersom. Die punt is dat as jy by Jesus wil wees, moet jy terugklim in die boot. Jesus is onderweg na sy dissipels toe. Hy wil by hulle aan boord wees. Nie eens Petrus se toets kry Jesus van hierdie koers af nie. Ook Petrus word teruggeplaas waar hy hoort. Petrus moet aan boord wees waar die dissipels hulle Heer aanbid. Matteus 14 leer ons dus as jy naby die Here wil wees, jy moet sorg dat jy daar is waarheen Hy op pad is. Daar waar Jesus aan boord is, raak die storm stil.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit GEREED VIR VANDAG deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Saam Met Jesus in Die Boot

Stephan Joubert wil vandag gesels oor Jesus wat in Matteus 14 op pad na die dissipels was. Hy wou by hulle in die boot klim ... Hy wou deel van hulle lewe wees. Vandag is dit nog net so waar. Sy nabyheid gee vir ons die ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid