Leesplan inligting

Saam Met Jesus in Die BootVoorbeeld

Saam Met Jesus in Die Boot

DAG 6 VAN 7

Die Stormloper is naby

Een van die vroeë Christene se uitkenningstekens wat hulle vir hulleself gebruik het, was dié van ’n visserskuit. Jesus wat in Matteus 14 die storm stilmaak en op die water loop, is diep in hulle harte en in hulle geheue afgedruk. Hulle het ’n diep geestelike betekenis aan hierdie fisiese wonderwerke van Jesus geheg. Hulle het geweet die kerk is nie ’n veilige hawe doer eenkant, doer ver buite die storm nie. Hulle het geweet hulle almal is aan boord van ’n klein skuitjie op die stormsee van die lewe. En dat Jesus, hulle Heer, steeds op die stormwaters loop. Ook het hulle geweet Hy soek na drenkelinge oral om hulle. Saam met dié wat Hy gered het, is Jesus elke keer op pad terug na sy dissipels in die boot.

Die eerste Christene het Jesus se woorde baie goed onthou toe Hy daar op die See van Galilea sy benoude dissipels op die skuit raakgesien het: “Moenie bang wees nie. Dit is Ek.” Hulle het geweet Jesus, wat die groot Stormloper is, is ook die Een wat storms laat bedaar. Ligvoets op woeste waters, maar kalm te midde van die vrees wat almal bedreig – presies so was Jesus by sy dissipels in die storm aanwesig. So is Hy nog altyd aanwesig by sy kerk.

Sien asseblief die Stormloper hier digby jou raak. Hy is op pad! Hy is hier! Hy is die Redder.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Saam Met Jesus in Die Boot

Stephan Joubert wil vandag gesels oor Jesus wat in Matteus 14 op pad na die dissipels was. Hy wou by hulle in die boot klim ... Hy wou deel van hulle lewe wees. Vandag is dit nog net so waar. Sy nabyheid gee vir ons die ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid