God se VredeVoorbeeld

God's Peace

DAG 4 VAN 4

'N STERK GELOOF BRING VREDE

PRAAT MET GOD
Onveranderd, onwankelbaar, standvastig, betroubaar, rotsvas, onwrikbaar — hierdie woorde beskryf wie God is. Vertel die Here, wanneer jy bid, hoeveel jy Hom vir hierdie karaktereienskappe waardeer.

KOM ONS BEGIN
Vul twee vlak bakpanne met sand; een klam en stewig vasgestamp, die ander los en droog. Rol 'n speelgoedmotortjie of albaster oor die sand in albei panne. Die doel is om te kyk in watter sand die voorwerp die verste kan rol.

KOM ONS DELF DIEPER
Net soos wat dit makliker is om iets oor die vaste sand te rol, net so is dit makliker om met vaste geloof die goeie en slegte dinge in die lewe te trotseer. Geloof bring seën en daarmee saam ook vrede. Psalm 29:11 sê: "Die Here gee krag aan sy volk; die Here seën sy volk met oorvloed." Wanneer jy egter die Here nie vertrou nie, het jy geloof soos los sand; jy val vas en sukkel om deur moeilike tye in die lewe te kom. Dit is waarom dit nodig is om te bid en God te vra om jou nader aan Hom te trek en om jou geloof in Hom te versterk.

GESELS MET MEKAAR
- Vertel van 'n tyd toe jou geloof gegroei het. Wat het jou gehelp om in jou geloof te groei?
- Hoe het jy God se vrede ervaar? Hoe het dit gevoel?
- God is die outeur van vrede en elke goeie gawe. Het jy Hom gevra vir meer geloof? Het jy Hom gevra vir sy vrede?
Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God's Peace

Die Woord van God belowe vrede "wat alle verstand te bowe gaan" (Filippense 4:7). In hierdie 4-dag leesplan kan jy en jou kinders die areas in julle lewens, waar julle vrede kan ervaar, van nader bekyk. Elke dag sluit 'n gebedsvoorstel, kort Skrifgedeelte en verduideliking, praktiese aktiwiteit en besprekingspunte in.

More

We would like to thank Focus on the Family for providing this plan. For more information, please visit: www.FocusontheFamily.com