God se VredeVoorbeeld
![God's Peace](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F326%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
'N HUIS VOL VREDE
PRAAT MET GOD
Vra God om vergifnis as jy iemand in jou gesin se gevoelens seergemaak of lelik opgetree het teenoor iemand in jou gesin. Sê dan vir God dankie vir die verhoudings met jou familie en vriende.
KOM ONS BEGIN
Gebruik helder kleure om 'n prentjie van 'n huis te teken met sonskyn en voëls buite, en koek, geskenke en 'n gesin binne-in. Gebruik dan donker kleure om nog 'n huis te teken met donker wolke en blitse buite en mense binne wat kwaad is vir mekaar. Vergelyk die twee prente. Gesels daaroor hoekom een meer vredevol is.
KOM ONS DELF DIEPER
'n Gesin bestaan uit mense met verskillende persoonlikhede en emosies. Soms voel party lede vrolik en soms voel hulle kwaad. Die vrede in 'n huis behoort nie af te hang van hoe die persone daarin voel nie. Romeine 12:18 sê: "As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense." Hierdie vers verwys ook na al die lede van jou gesin. Soms is dit harde werk om in vrede met jou gesinslede te leef. Maar Spreuke 17:1 sê dat 'n vredevolle huis 'n waardevolle skat is en dat 'n mens daarna moet streef: "Liewer 'n stukkie droë brood met vrede daarby as 'n huis vol kos met 'n getwis daarby."
KOM ONS GESELS
- Hoe moet jy teenoor gesinslede optree?
- Wat kan jy doen om 'n vredemaker in jou gesin te wees as iemand ontsteld of kwaad is?
- Hoe kan God se vrede in julle huis regeer, selfs al verskil julle van mekaar?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![God's Peace](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F326%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die Woord van God belowe vrede "wat alle verstand te bowe gaan" (Filippense 4:7). In hierdie 4-dag leesplan kan jy en jou kinders die areas in julle lewens, waar julle vrede kan ervaar, van nader bekyk. Elke dag sluit 'n gebedsvoorstel, kort Skrifgedeelte en verduideliking, praktiese aktiwiteit en besprekingspunte in.
More
We would like to thank Focus on the Family for providing this plan. For more information, please visit: www.FocusontheFamily.com