God se VredeVoorbeeld
VREDE KOM AS JY GOD SE REËLS VOLG
PRAAT MET GOD
Sê vir God waarvan jy in sy Woord, die Bybel, hou. Sê vir Hom hoekom jy van 'n spesifieke vers of storie hou en dank Hom daarvoor.
KOM ONS BEGIN
Probeer om in die vertrek rond te loop met paddavoete aan of skoene wat te groot is vir jou. Sorg dat jou ma en pa byderhand is. Hoe ver kan jy loop sonder om te struikel of te val? Dink jy dis 'n goeie idee dat daar 'n reël moet wees dat ons nie sulke goed in die huis moet dra nie? Verduidelik jou antwoord.
KOM ONS DELF DIEPER
Dink na oor Psalm 119:165: "Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie." God belowe dat jy oorvloedige vrede sal ervaar as jy doen wat sy Woord sê. As jy God se reëls volg sal jy nie so baie foute maak nie. Jy sal ook nie bekommerd wees dat jy sal struikel of val as jy verkeerde besluite neem nie. As jy volgens die Woord van God lewe, sal jy vrede in jou hart hê. Sjoe! Lees Psalms 18:30, 19:8 en 33:4 om jou te herinner aan wat die Woord van God sê.
GESELS MET MEKAAR
- Dink aan 'n reël wat jy volg; soos bv. om by die sebrastrepe oor die pad te stap of om nie in die skoolgange te hardloop nie. Is jy meer in gevaar as jy die reëls volg of as jy die reëls oortree? Verduidelik jou antwoord.
- Wanneer het jy veilig gevoel toe jy die Woord van God gehoorsaam het?
- Hoe kan jy weer God se vrede ervaar as jy 'n fout gemaak het?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Woord van God belowe vrede "wat alle verstand te bowe gaan" (Filippense 4:7). In hierdie 4-dag leesplan kan jy en jou kinders die areas in julle lewens, waar julle vrede kan ervaar, van nader bekyk. Elke dag sluit 'n gebedsvoorstel, kort Skrifgedeelte en verduideliking, praktiese aktiwiteit en besprekingspunte in.
More
We would like to thank Focus on the Family for providing this plan. For more information, please visit: www.FocusontheFamily.com