Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld
Wenk #2 — Julle Moet ALMAL Betrokke Wees
Jesus vertel 'n gelykenis wat die belangrikheid beklemtoon om die koste te bereken voordat jy met 'n bouprojek begin (Lukas 14:28-29). Wat 'n tragedie sal dit wees as die bouer begin bou en dan nie kan klaarmaak nie omdat hy nie 'n skatting van die koste gemaak het nie! Wat van die arbeid wat benodig word? Of hoe veeleisend sal die projek vir hom persoonlik wees?
Wat 'n strewe! Jesus beweer nie daar is iets verkeerd om te strewe nie. Tog begin jy nie sommer lukraak met 'n bouprojek nie. Om 'n toring te bou is nie vir bang of onverskillige kontrakteurs bedoel nie. Dit is juis hoekom dit so 'n kragtige vergelyking met dissipelskap van Christus is. Jesus roep diegene wat die koste sal bereken om Hom te volg.
Soms beteken om Jesus te volg, dat jy reguit op die pad na aanneming gelei word.
Om die koste van aanneming te bereken, vereis van die dissipel van Christus om te besef dat kinders sonder gesinne nie perfekte kinders is wat maar net 'n gesin nodig het nie. Hulle kom met probleme. Aaklige goed. Jy begin glad nie bloot op 'n skoon blaadjie of op grondvlak nie. Eintlik sal dit baie lank vat voor jy grondvlak bereik. Trouens, om bande te smee kan net so veeleisend wees as om 'n vier-meter hoë toring met tandestokkies en gom te probeer bou. Dit is 'n allesomvattende onderneming. Dit sal emosioneel, fisiek en geestelik uitdagend wees. Hierin moet julle kophou.
Ek wil jou graag dieselfde aanmoediging bied as wat ons ontvang het. Toe ons dit oorweeg om vier boeties en sussies uit 'n gesin aan te neem, het die agentskap ons in aanraking gebring met 'n ander gesin in dieselfde omstandighede. Na 'n paar praktiese vrae en luister hoe hulle dit hanteer het te midde van die chaos van 'n groot gesin, was die pa se beste raad aan my: Moenie aanneem nie.
Dit is nie uit bitterheid gesê nie, maar as 'n vermaning. "Suster, tensy jy verstaan en gewillig is om te doen wat verwag word, moet jy dit nie doen nie." Hy het eerstehands die irrasionele gedrag geken wat gepaardgaan met trauma, die addisionele spanning en verantwoordelikhede wat kom, asook wat ons sou moes prysgee. Sy goeie raad klink dalk hardvogtig totdat jy besef Jesus het dieselfde ongenaakbare benadering gehad (Lukas 14:33) teen die einde van sy gesprek om 'n gebou op te rig, as om die koste te bereken om Hom te volg.
Oorweeg jy aanneming? Wag vir sy tydsberekening om julle na mekaar te lei.
Tans in aanneming? Om baie te gesels en saam te bid is die doeltreffendste wyse om te verseker julle stem ooreen.
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder dat jou gesin ineenstort, wat gedurig op die geestelike voorgrond van jou gedagtes bly. Ek verstaan dit aangesien ek twee biologiese en ses aangenome kinders het. Jy kan wel aanneming hanteer sonder om jou gesin te ruïneer. Hierdie onderneming kan van onskatbare waarde wees. Kyk na my tien hoof strategieë vir sukses.
More