Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld
Wenk #3 — Wees Voorbereid vir die Tyd wat die Wittebrood Verby is
Die meeste kinders word na die vroegste kinderjare aangeneem. Daar is dus 'n periode wat as die wittebroodperiode bekendstaan, wat van 'n week tot selfs 'n jaar duur, afhangende van die kind. Dit sal egter tot 'n einde kom.
Daar sal waarskynlik 'n dag aanbreek wat jy wonder waarom jy ooit gedink het aanneming is 'n goeie idee. Jy sal moontlik dink jy is 'n aaklige mens om so te voel. Jy kan dit aan niemand vertel nie. Jy sal ook bevrees wees dat jy werklik nou jou gesin geruïneer het.
Jy kan tog verstaan. 'n Kind wat uit 'n haglike of selfs vernietigende situasie kom, sal met 'n groot tas vol emosionele, verstandelike en fisieke probleme by jou aankom. Hulle trek in en dit neem 'n rukkie om veilig genoeg te voel om daardie denkbeeldige tas uit te pak en oor die vloer te versprei. Wanneer alles egter uit is, is dit 'n deurmekaar warboel.
Verwag maar oproer. My vriende het woede uitbarstings, uittarting en tekens van seksuele misbruik ongeveer teen ses maande sien voorkom. Ons wittebrood met Jolee het ongeveer twee maande geduur. Chloe, wat slegs twaalf maande oud was, het nie voor 'n week verby is 'n piep-geluidjie gemaak nie. Haar mondjie het die vorm van huil gemaak, maar geen klank het uitgekom nie. Toe het sy vir 'n volle twee jaar aanmekaar geskree (ure aanmekaar, so hard dat die bure oorkant die straat haar kon hoor!). Moenie dink hierdie gedrag is slegs vir ouer kinders gereserveer nie. Elke kind kom met sy eie onsigbare las.
Ons begin verhoudinge met 'n sekere stel verwagtinge. Die wittebrood gee die toon aan. Wanneer die wittebrood eers verby is, in hierdie geval, verander die verhouding sonder aankondiging. Skielik word daar nie meer aan verwagtinge voldoen nie en die lewe word vreesaanjaend.
Paulus het verstaan hoe die bedreigende krag van 'n vesting van vrees verwoesting kon saai. Hy verwys na vrees as "'n opponerende krag teen die Gees van God". Paulus tref hierdie duidelike onderskeid sodat Timoteus kan kies om nie bang te wees nie. Hy moet eerder die Heilige Gees toelaat om aan hom die krag te voorsien om te oorkom wat hy nie self kan nie, om hulle lief te hê wat hy nie liefhet nie en om sy eie self-vernietigende neigings te oorkom (2 Timoteus 1:7).
Wanneer die wittebrood eindig en al die chaotiese dinge uit die denkbeeldige tas begin uitvlieg, kan jy ook kies om nie bang te wees nie. Jy kan liewer:
- Jou vrese vir God gee.
- Vir God vra om jou te help om lief te hê, ver bo jou vermoë.
- Hom te vertrou om jou die dissipline te gee vir die take op hande.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder dat jou gesin ineenstort, wat gedurig op die geestelike voorgrond van jou gedagtes bly. Ek verstaan dit aangesien ek twee biologiese en ses aangenome kinders het. Jy kan wel aanneming hanteer sonder om jou gesin te ruïneer. Hierdie onderneming kan van onskatbare waarde wees. Kyk na my tien hoof strategieë vir sukses.
More