Hoe Om Aan Te Neem Sonder Om Jou Gesin Te RuïneerVoorbeeld
Wenk #1 Vergeet van die Eenhorinkies en Vrugtelekkers
Aanneming word deesdae geromantiseer. Vandag word aanneming voorgestel as hoe ware Christene op die evangelie reageer. As jy nie daarvan deel word nie — het jy nie vir Jesus lief genoeg nie. Dikwels, wanneer ek by kongresse optree, vertel mense my dat hulle ook daaraan dink om eendag aan te neem. Dis asof hulle op die idee verlief is, soos om 'n gratis hondjie by die skuiling te kry. Dit werk heel goed totdat hy jou bank begin kou en jou mat as 'n badkamer gebruik.
Jy moet besef die pad van aanneming is nie met eenhorinkies en vrugtelekkers gevul nie. Dit is oorlog. Geestelike oorlogvoering. Aanneming is 'n onderneming wat na aan God se hart lê. Dit beteken die vyand staan in opstand teen die juiste ding waaraan God Hom verbind het om te herstel — deur jou en jou gesin te gebruik. Moenie vir 'n oomblik dink jy sal ongedeerd ontsnap sonder enige blou kolle of littekens van die slagveld nie.
Dit moet geen verrassing wees nie. Paulus gebruik dieselfde oorlogstaal wanneer hy Timoteus aanmoedig om "die goeie stryd te stry" (1 Timoteus 1:18), en "Stry die goeie stryd van die geloof" (1 Timoteus 6:12 AFR53), en om vir Christus te ly soos 'n "goeie soldaat" (2 Timoteus 2:3).
Met agt kinders, kom ek sonder uitsondering voor eenhoring-starendes te staan. Ek word geprys soos: "Jou gesin is so 'n inspirasie" of "Jou kinders het sulke goeie maniere" of 'n algemene wanindruk deur diegene wat ook kinders aanneem: "Jy moet baie lief wees vir kinders!" My antwoord is vriendelik, alhoewel my gedagtes eerliker is: "Jy het GEEN IDEE NIE! En NEE. Om die waarheid te sê, EK DINK NIE EK HOU juis van kinders nie — maar ek het Jesus lief. Ek hou fisiek en emosioneel beswaarlik dinge bymekaar terwyl jy staar na die eenhorings in al hul prag wat soos vrugtelekkers ruik."
Mense aan die anderkant van aanneming wat inloer, sien nie die woeste gevegte wat daagliks plaasvind nie. Onlangs het my enkellopende en kinderlose jong vriendin 'n foto van haarself geplaas waar sy iemand anders se baba teen haar bors vashou. Die onderskrif het gelees: "Die enigste manier om inkopies te doen!" Wel, enige ma weet dit is 'n teenstrydigheid in een uitdrukking. My liewe vriendin dink dis oulik op die oomblik, maar sy het nie 'N IDEE waarvan sy praat nie!
Indien jy aanneming oorweeg, kan ek voorstel: vergeet maar van die betowering. Berei jou eerder vir oorlog voor.
Indien jy alreeds betrokke is en al 'n bietjie deur die gebrek aan vrugtelekkers en eenhorings ontmoedig is, is ek jammer dat dit nie is waarvoor jy gehoop het nie. Dit is tyd om jou partytjieskoene uit te trek en jou gevegstewels aan te trek.
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer jy aan aanneming dink, is een van die grootste vrese om nie te weet hoe dit jou gesin sal beïnvloed nie. Diegene wat alreeds daarin betrokke is, weet jy moet leer om die dinamika van aanneming te hanteer sonder dat jou gesin ineenstort, wat gedurig op die geestelike voorgrond van jou gedagtes bly. Ek verstaan dit aangesien ek twee biologiese en ses aangenome kinders het. Jy kan wel aanneming hanteer sonder om jou gesin te ruïneer. Hierdie onderneming kan van onskatbare waarde wees. Kyk na my tien hoof strategieë vir sukses.
More