Oomblikke Van StilteVoorbeeld

Ek is by julle
Dwarsdeur die Bybel klink die refrein van God se troue liefde. Ek sal jou nooit verlaat nie. Ek is by jou. Ek red jou. Ek ontferm my oor jou. Hoe kan Ek jou prysgee? My liefde brand te sterk.
Elke dag is God in sy troue liefde by ons. Deur moeilike tye hou Hy ons vas. In tye van smart is Hy ons Trooster, al is ons dalk nie eens van sy teenwoordigheid bewus nie. In gelukkige tye jubel Hy saam met ons van vreugde. God, die Getroue, is altyd daar.
Die keuse lê elke dag nuut voor ons deur: Gaan ek luister en hóór en sê: Hier is ek, Here? Of gaan ek my gesig wegdraai en my eie koers instap?
Vader, Seun en Heilige Gees, dankie vir u troue sorg. Dankie dat U meer as ’n vriend en vertroueling is. U is my Rots, my Skuilplek, die onveranderlike Ek is. U is nóú en tot in alle ewigheid. U is die Alfa en Omega. Amen
Hierdie oordenkings is geneem uit OOMBLIKKE VAN STILTE deur Lizette Murray © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Aangaande hierdie leesplan

God se stem word nooit stil nie. In baie situasies moet ons net leer om sy stem tussen die baie ander stemme te herken. Daarvoor moet ons stil raak en fokus op sy nabyheid. God se stem word nooit stil nie en Hy verlang dat ons sal antwoord: “Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.” Hierdie oordenkings is geneem uit OOMBLIKKE VAN STILTE deur Lizette Murray.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op

Voltydse Volharding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
