Oomblikke Van StilteVoorbeeld

Kontrak
Bill Bright, die stigter van Campus Crusade for Christ, die organisasie waardeur wêreldwyd meer as 150 miljoen mense tot bekering gekom het, het getuig dat oorgawe aan God nie ’n eenmalige gebeurtenis is nie. Hoewel daar meestal ’n oomblik van oorgawe is, is die praktyk van oorgawe ’n lewenslange proses wat van oomblik tot oomblik voortduur.
Toe Rick Warren eenkeer aan Bright vra hoe dit gebeur dat God alle fasette van sy lewe gebruik en dit wat hy doen, oorvloedig seën, het Bright hom vertel dat hy as jongman ’n kontrak met God gesluit het. Hy het die kontrak uitgeskryf en sy naam onderaan geteken. Daarby het hy geskryf: Van vandag af is ek in diens van Jesus Christus.
Ons vergeet egter soms van die ánder handtekening op ons kontrak, dié van Jesus Christus. Hy is in vennootskap met ons en sê aan elkeen persoonlik: Ek het jou naam in my handpalms gegraveer (Jesaja 49:16). Hy bemoedig ons: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne (Jesaja 43:1).
Voorin die Bybel van ’n jong outistiese persoon het hy in groot letters geskryf: Matthew Jones behoort aan Jesus. En daaronder: Ek het jou naam in my handpalms gegraveer (Jesaja 49:16).
Dis ’n bindende kontrak.
Here Jesus, dankie dat ek aan U mag behoort. Dankie dat ek in u diens mag wees. Help my om getrou te wees. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God se stem word nooit stil nie. In baie situasies moet ons net leer om sy stem tussen die baie ander stemme te herken. Daarvoor moet ons stil raak en fokus op sy nabyheid. God se stem word nooit stil nie en Hy verlang dat ons sal antwoord: “Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.” Hierdie oordenkings is geneem uit OOMBLIKKE VAN STILTE deur Lizette Murray.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op

Voltydse Volharding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
