Oomblikke Van StilteVoorbeeld

Nooit alleen
In ’n opstel oor God skryf ’n laerskoolseun: “Ek dink iemand wat nie in God glo nie, sal baie kere eensaam voel. Jou ouers kan mos nie oral saam met jou gaan nie. Daar is tye dat jy alleen en bang is, soos op ’n sporttoer of ’n skoolkamp. Dit is goed om te weet God is by jou wanneer die groter seuns jou bed omdop of jou in die swembad stamp, of wanneer jy alleen in die donker na die badkamers toe moet stap.”
Ons ken almal daardie paniek en angs van ’n jong kind. Ons ervaar dit steeds in sekere situasies as volwassenes. ’n Eerste dag by ’n nuwe werk. Die oomblikke voordat die spesialis die uitslag van mediese toetse oordra. Die onsekerheid oor ’n kind se toekoms.
Die Israeliete kry dwarsdeur die geskiedenis die versekering dat God met hulle is. Wanneer hulle uit Egipte deur die woestyn trek. Wanneer hulle teen die heidense inwoners van Kanaän veg. Wanneer hulle as verslae ballinge in Babel krepeer.
Al verskil die omstandighede, en al gebruik God elke keer ander woorde, die hart van die refrein klink elke keer dieselfde: Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ons hoor steeds, hier waar ons woon en werk en soms ook worstel, dié woorde van troos en bemoediging.
Here God, dankie dat U nie ’n veraf, onbetrokke God is nie. U is hier, by my. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God se stem word nooit stil nie. In baie situasies moet ons net leer om sy stem tussen die baie ander stemme te herken. Daarvoor moet ons stil raak en fokus op sy nabyheid. God se stem word nooit stil nie en Hy verlang dat ons sal antwoord: “Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.” Hierdie oordenkings is geneem uit OOMBLIKKE VAN STILTE deur Lizette Murray.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Staan weer op

Voltydse Volharding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Delf dieper deur Romeine

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg
