Stil Oomblikke Saam Met JesusVoorbeeld
Altyd daar
Jy dink dalk jy is alleen, maar jy is nie. Daar is geen plek waarheen jy kan gaan waar Ek nie is nie. Jy kan alleen probeer wees … maar jy is nie. Selfs Jona het gedink hy kan vir God wegkruip diep onder in ’n skip, te midde van ’n groot storm, maar God het hom gesien. En net soos die Vader vir Jona gesien het, sien Hy jou ook. Hy weet waar jy is en wat jy doen. En Hy sal in elke storm van die lewe vir jou sorg.
Jou hemelse Vader sluimer of slaap nooit, en Ek weet watter uitdagings oor jou pad kom. Ek sien jou en Ek is by jou. Wanneer jy in nood verkeer, wanneer jy nie kan slaap nie, wanneer jy swaarmoedig voel en probleme jou wil oorweldig, is die Gees by jou om jou te troos. Ek hou jou vas wanneer alles donker lyk. Die Gees bid vir jou met woorde wat jy nie kan uiter nie. Jou Vader hoor as jy huil en vang elke traan op. En sy liefde genees alle wonde. Jy moet jou hart elke oomblik aan jou Vader oorgee en weet dat Ek jou getroue vriend is. Die Gees versterk en lei jou, en jy kan weet dat geen situasie vir My te moeilik is nie.
Kom na jou Vader se genadetroon met elke stryd wat jy moet stry en vra Hom om sy wil vir jou in jou hart te gee.
GROEI IN GELOOF: Wanneer jy hulp nodig het, maar dit nie wil erken nie, vra God om jou gesond te maak, om jou woede te vervang met vergifnis … om twyfel te vervang met vertroue, en vrees met moed. Vra die Gees om jou denke te vernuwe en jou hart te verander om soos God s’n te lyk. Kom nader aan God en Hy sal nader kom aan jou. Hy het belowe om dit te doen.
Hierdie oordenkings is saamgestel uit STIL OOMBLIKKE SAAM MET JESUS deur Cherie Hill © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons dink dalk dat God nie van ons probleme bewus is nie. Dit is egter nie die geval nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry in hierdie wêreld beleef. Maar Hy het ook belowe dat Hy ons nooit alleen sal laat nie. Hierdie 7 oordenkings deur Cherie Hill uit STIL OOMBLIKKE SAAM MET JESUS is geskryf asof Jesus gedurende hierdie moeilike tye sélf met jou praat.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/