Stil Oomblikke Saam Met JesusVoorbeeld

Stil Oomblikke Saam Met Jesus

DAG 3 VAN 7

Sonder huiwering

My genade word nie verdien nie … dit word gegee. Al wat jy hoef te doen, is om na My toe te kom, op My te vertrou en in My te rus. By My kry jy die deernis en liefde wat jou siel nodig het. Jy het My nodig. Moet daarom nie huiwer om My aan te roep te midde van jou nood nie. Ek is hier om jou te help, om vir jou hoop te gee wanneer dit lyk of daar geen hoop meer is nie.

Ek is by jou wanneer jou lewe stukkend is, gereed om my genade oor jou uit te stort. In my teenwoordigheid sal jy my krag ervaar, asook die vrede van weet dat Ek dit wat jou wil oorweldig, kan oorwin. Jy het geen rede om bang te wees nie, geen rede om te huiwer om jou laste aan My oor te gee nie. Jy sal krag vind in jou oorgawe. Wat dit ook al is wat jou op jou knieë gedwing het, jou Vader het dit toegelaat. Die storms in jou lewe word met ’n doel toegelaat, en sy hand rus op jou.

Wanneer jy saam met My wandel, sal jy lig in jou duisternis vind. Lig jou hande op na die Een wat jou hulp is, die Skepper van die hemel en die aarde – die Een wat altyd getrou bly.

GROEI IN GELOOF: Wanneer jy nie weet wat om te doen nie, kan jy weet dat God wel weet. Hy wil hê jy moet sonder huiwering na Hom toe kom. Moenie aan Hom dink as jou laaste uitweg nie. God wil aan jou genade betoon. Moet Hom nie laat wag nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Stil Oomblikke Saam Met Jesus

Ons dink dalk dat God nie van ons probleme bewus is nie. Dit is egter nie die geval nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry in hierdie wêreld beleef. Maar Hy het ook belowe dat Hy ons nooit alleen sal laat nie. Hierdie 7 oordenkings deur Cherie Hill uit STIL OOMBLIKKE SAAM MET JESUS is geskryf asof Jesus gedurende hierdie moeilike tye sélf met jou praat.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/