Stil Oomblikke Saam Met JesusVoorbeeld

Stil Oomblikke Saam Met Jesus

DAG 6 VAN 7

Kies om te vertrou

Dit kan moeilik wees om te verstaan waarom jou hemelse Vader pyn en lyding toelaat. Jy dink dalk as jy glo, is jy vrygestel van die swaarkry van hierdie gevalle wêreld, maar jy is nie. Onthou, Ek is by jou deur dit alles. Jy moet verstaan dat baie dinge gebroke sal wees totdat Ek terugkeer of jy huis toe kom. Maar deur dit alles stort Ek genade oor jou uit. Ek het die prys betaal en die dood oorwin sodat jou hemelse Vader jou sonde sal vergewe en genade, sorg en vrede oor jou uitstort. Hy het vir jou die Heilige Gees gegee om jou te troos en te lei. Ek is jou son en jou skild (Psalm 84:12 AFR53), en Ek sal jou teen die vyand beskerm. Ek het jou nog nooit verlaat nie, en sal ook nooit.

Jy verstaan dinge nie altyd soos jou hemelse Vader dit verstaan nie; sy weë is immers nie ’n mens s’n nie. My volgelinge kon nie verstaan hoe my dood deel van God se plan kon wees nie, en tog kan mense daardeur die ewige lewe kry. Die Heilige Gees sal jou aan die waarheid herinner wanneer jy die heel meeste twyfel.

Probleme sal kom en gaan en jou beproewing sal ophou, maar my goedheid en liefde sal by jou wees al die dae van jou lewe. Kies om My te vertrou wanneer jy nie seker is of jy kan nie.

GROEI IN GELOOF: Jou geloof sal jou dra in tye van twyfel. Vra die Heilige Gees om jou met waarheid te vul sodat jy God vir die onmoontlike kan vertrou. God is goed – Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie. Wanneer ’n storm in jou en om jou woed, kyk op na Jesus. Betree sy vrede en vind rus by Hom.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Stil Oomblikke Saam Met Jesus

Ons dink dalk dat God nie van ons probleme bewus is nie. Dit is egter nie die geval nie. Jesus het gesê ons sal swaarkry in hierdie wêreld beleef. Maar Hy het ook belowe dat Hy ons nooit alleen sal laat nie. Hierdie 7 oordenkings deur Cherie Hill uit STIL OOMBLIKKE SAAM MET JESUS is geskryf asof Jesus gedurende hierdie moeilike tye sélf met jou praat.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/