Soms Vra God Geduld ...Voorbeeld

Soms Vra God Geduld ...

DAG 5 VAN 7

Om te volhard en te verdra

Jesus het gesê: “Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. Wie oorwin, Ek sal hom ’n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie” (vers 11-12). Volharding en geloof is onskeibaar; jy kan nie die een sonder die ander hê nie.

Geloof vereis geduld en jy moet verstaan dat geloof nie sommer oornag net daar is nie. Geloof neem tyd. Abraham het geloof geken. Hy het 100 jaar gewag voordat die Here sy belofte aan hom vervul het. Ek moet nog die man van geloof ontmoet wat nié geduldig is nie. As jy een van die mense is wat vereis dat alles dadelik gebeur, moet jy heel waarskynlik nog in jou geloof groei. Dit is die weg van die wêreld. Om te wag op die Here neem tyd. Die duiwel wil nie hê jy moet tyd neem om te bid of op die Here te wag nie.

Wanneer jy groot besluite moet neem, moenie toelaat dat jy aangejaag word of dat daar druk op jou uitgeoefen word nie. Neem jou tyd en luister wat die Here sê. Bestee tyd in gebed en in sy Woord. Hy sal vir jou sê wat jy moet doen. Wanneer Hy praat, wees gereed om te gehoorsaam.

My Vader-God, U is so getrou. U is altyd daar. U vergeet en verlaat my nooit. Help my om ook getrou te wees. Ek wil groei in my geloof en ek besef die enigste manier is om geduldig op U te wag. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Soms Vra God Geduld ...

Geloof is nie “Siedaar!” nie – jy klap nie bloot jou vingers of swaai ’n towerstaf nie. Jy moet eers vra na die wil van God. En dan moet jy dikwels wag ... Ons moet getrou bly tot ons God se stem hoor en geduldig op Hom wag – so word ons geloof ook vir ander sigbaar. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/