Begin Met Gebed 7-Dag UitdagingVoorbeeld
Bid vir Ander
Ons het die geleentheid om hartlike gebede te bid vir elke persoon wat ons ken en elke persoon wat ons pad kruis: die persoon by die kruidenierswinkel en die verpleegster in die dokter se spreekkamer. Jy hoef hulle nie te vertel dat jy vir hulle intree nie. Wanneer ons ander wil seën deur gebed, dan ervaar ons self seën. Om vir ander mense te bid, het 'n boemerang effek. Dit laat ons toe om die las wat ons namens ander dra, na God se skouers oor te plaas.
Vandag se Uitdaging: Bid vir Iemand Anders
Gebed:
Liewe Vader, U is die Prins van Vrede en die groot Ek Is. U is ons helper en ons verlosser.
Vandag bid ek vir _______. Hy/sy dra op die oomblik 'n uitsonderlike groot las en het hulp nodig met ________. Ek vra dat U u krag en u vrede wat alle verstand te bowe gaan, sal voorsien. Herinner hom/haar dat U groter is as enigiets wat hy/sy moet trotseer.
Dankie vir die vertroosting en rus wat U gee — selfs in moeilike omstandighede. In die Naam van Jesus. Amen.*
*Gebed aangepas uit Start with Prayer: 250 Prayers for Hope and Strength
Of jy nou vir die eerste keer leer hoe om te bid of vir die honderdste keer, Start with Prayer sal die manier hoe jy dink aan jou verhouding met God verander.
Hierdie boek kombineer tydlose Skrifgedeeltes met deurdagte gebede. Start with Prayer is 'n spesiale versameling van 250 gebede gebaseer op Max se reeks Pocket Prayers, met splinternuwe gebede bygevoeg. Aangesien dit volgens onderwerp in kategorieë gerangskik is, sal jy die krag en hoop vind wat jy nodig het om eers na gebed te wend in enige situasie wat jy in die gesig staar. Bestel vandag nog jou kopie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Begin met Gebed 7-Dag Uitdaging sal jou aanmoedig om opregte gesprekke met God aan te knoop. Deur die loop van die week sal Max Lucado jou aanmoedig om gebede van lofprysing te bid, God aan sy beloftes te herinner en met selfvertroue te verskyn voor die Koning van alle konings. Elke dag van die uitdaging sluit 'n gedeelte van Max in, sowel as 'n relevante Skrifgedeelte en 'n deurdagte gebed.
More