Begin Met Gebed 7-Dag UitdagingVoorbeeld
Begin met Gebed
Wanneer ons God in ons wêreld in nooi, dan kom Hy in. Hy bring arms vol geskenke: vreugde, geduld en veerkragtigheid. Bekommernisse kom, maar is nie blywend nie. Vrese steek kop uit en verdwyn dan weer. "Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor" (Jesaja 30:19). Ons kan baie doen nadat ons gebid het. Maar ons behoort niks te doen voordat ons gebid het nie. Maak oop die deur en begin met gebed.
Vandag se Uitdaging: Begin jou dag met Gebed
Gebed:
Vader, U is verhewe bo tyd. U weet wat vandag gaan gebeur nog voordat dit gebeur. U is die skepper en heerser oor alles.
Maak my hart bestendig terwyl ek lysies in my kop maak van dinge wat gedoen moet word en my dag vorentoe beplan. Rig my treë. Gee aan my 'n begeerte om u paaie te volg en u wil uit te voer. Lei my om net woorde te spreek wat getuig van genade en meegevoel. Help my om 'n voorbeeld te wees van u koninkryk en om ander lief te hê soos wat U my liefgehad het.
Dankie vir u genadegawes wat elke môre nuut is. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.*
*Gebed aangepas uit Start with Prayer: 250 Prayers for Hope and Strength
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Begin met Gebed 7-Dag Uitdaging sal jou aanmoedig om opregte gesprekke met God aan te knoop. Deur die loop van die week sal Max Lucado jou aanmoedig om gebede van lofprysing te bid, God aan sy beloftes te herinner en met selfvertroue te verskyn voor die Koning van alle konings. Elke dag van die uitdaging sluit 'n gedeelte van Max in, sowel as 'n relevante Skrifgedeelte en 'n deurdagte gebed.
More