Vertrou God Te Midde Van SwaarkryVoorbeeld

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAG 17 VAN 29

Lees: Romeine 8:18–39

SOAP: Romeine 8:18

Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.

Oordenking

Hierdie week, terwyl ons leer oor die proses van weeklaag, fokus ons op wat dit beteken om God te vertrou en vertroue in ons weeklaag uit te druk. Een sleutel element in die klaagpsalms is die keerpunt, die oomblik wanneer die skrywer vertroue in God uitspreek en te midde van wanhoop tot Hom uitroep. In Klaagliedere spreek die profeet Jeremia geloof in God en vertroue in sy goedheid, krag en heiligheid uit, selfs te midde van algehele vernietiging.

Om te weeklaag op sigself is 'n verklaring van vertroue. Wanneer ons huil en treur oor verliese, dood, pyn en hartseer, erken ons dat dit nie is hoe dinge veronderstel is om te wees nie. Ons glo God is goed, maar ons omstandighede wys dit nie. Om te weeklaag laat ons toe om ons pyn en ons hartseer openlik teenoor God uit te druk. Wanneer ons God vra om iets vir ons te doen en in te gryp in ons situasie, spreek ons ons geloof uit. As ons nie glo dat God namens ons kan optree nie, sal daar geen rede wees om versoeke te rig nie. Om te weeklaag is die praktyk om ons pyn met God te deel en geloof uit te druk in beide sy vermoë en sy gewilligheid om ons te help.

Alhoewel dit 'n deurslaggewende deel van weeklaag is om ons pyn openlik teenoor God uit te druk, is dit ook ons verklaring van vertroue. Dit kan moeilik wees om God in ons diepste pyn te vertrou. Gedurende hierdie tye kan ons Skrifgedeeltes lees wat verklaar wie God is, sy liefde vir ons, sy bereidwilligheid om op te tree en ons veiligheid in Hom.

Romeine 8:18–39 is 'n uitstekende plek om te begin. Hierdie gedeelte erken lyding, druk die skoonheid van hoop uit en verkondig die onveranderlike liefde van God. Hierdie week sal ons hierdie gedeelte verskeie kere lees en elke dag op 'n ander waarheid fokus.

Vandag begin ons met die erkenning van ons lyding in die lig van die ewigheid. Paulus het nie die lyding wat hy en die vroeë kerk ervaar het, geminimaliseer of gering geag nie. Hy het die kerk in Rome daaraan herinner hoe lyding ons nader aan Christus bring wanneer ons deel het in sy lyding. Dit maak nie saak wat ons ervaar nie, ons lyding is niks in vergelyking met die heerlikheid wat ons sal ervaar wanneer ons in die hemel met Hom verenig word nie. Ons word deur Hom verheerlik, en met Hom verenig in ons lyding.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/