Vertrou God Te Midde Van SwaarkryVoorbeeld
Lees: Romeine 8:18–39
SOAP: Romeine 8:31–32
Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
Oordenking
As Paulus hierdie Skrifgedeelte afsluit, stel hy ‘n reeks retoriese vrae. Hy het sy lesers uitgenooi om hierdie gedagtes te oordink, gedagtes wat teenstrydig is met wat die wêreld glo. In plaas daarvan om alles in ons vermoë te doen om lyding te vermy, het Paulus ons aangemoedig om dit op ‘n manier te gebruik wat ons hoop versterk. Eerder as om mismoedig te raak in ons swakheid, word ons uitgenooi om op die Heilige Gees se bemoediging te steun terwyl Hy vir ons bid.
Indien al hierdie dinge waar is, tot watter gevolgtrekking kan ons kom? Wat kan ons sê? God is vir ons; daarom kan niks teen ons wees nie. God was bereid om sy enigste Seun vir ons te gee om die ewige lewe saam met Hom te hê. Hy het reeds die hoogste prys betaal – ons kan vertrou dat selfs te midde van diepe pyn, Hy steeds tot ons beswil werk.
Die Christene in Rome het ongetwyfeld baie teenstanders van beide hul geloof en bediening teëgekom. Selfs tóé, selfs terwyl hy Christus bo die lewe self gekies het, het Paulus sy lesers herinner dat niks werklik teen gelowiges in Christus staan nie aangesien God vir hulle is.
Wanneer God namens ons optree, kan niks of niemand Hom teenstaan nie. Hy het alles vir ons gegee. In Christus is ons vrygespreek van sonde en sal in Hom verheerlik word. Terwyl ons wag op ons verlossing, het Hy alles vir ons gegee wat ons nodig het om te volhard, alles wat ons nodig het om te hoop en alles wat ons nodig het om na die beeld van Christus gevorm te word.
In seisoene van donkerte, pyn, verlies, leed, teenstand en siekte, kan dit maklik wees om ons hoop te verloor. Dit kan maklik wees om nie op God te vertrou nie, maar eerder staat te maak op onsself en ons aardse gemak. God is egter die enigste Een wat alles vir ons gegee het. As jy in Christus is, is Hy nooit teen jou nie, selfs wanneer dit so voel. Hy is altyd teenwoordig. Sy Heilige Gees bid altyd namens jou. Hy laat altyd alles ten goede meewerk vir jou. Hy is voortdurend besig om jou na die beeld van Christus te vorm. Hy het jou vrygespreek en niks kan dit verander nie. Christus self is aan die regterhand van die Vader, voortdurend besig om namens jou in te tree. Hy is vir jou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/