Vertrou God Te Midde Van SwaarkryVoorbeeld
Lees: Klaagliedere 4
SOAP: Klaagliedere 4:17
Ons kyk ons oë moeg
om hulp wat nie opdaag nie;
van ons wagpos af kyk ons
in verwagting uit
na ‘n nasie wat nie help nie.
Oordenking
Terwyl gister se Skriflesing uit Klaagliedere 3 die een of ander vorm van verligting en hoop verskaf het, word ons in hoofstuk vier teruggebring na die harde werklikheid van onmenslike lyding. Die Babiloniërs het Jerusalem binnegeval, sy mense gejag en as gevangenes weggelei. Hulle het selfs meer van die stede in Juda vernietig, wat die streek in totale verwoesting gelaat het en sy oorblywende mense in onmenslike agteruitgang geplaas het. Die skrywer van die boek gaan voort om te weeklaag oor die omstandighede rondom hom en ons gaan voort om saam met hom te leer en te weeklaag.
Juda het tevergeefs na hulp gesoek “wat nie opdaag nie” terwyl hulle die mense van Egipte om bystand gesmeek het, maar Egipte het onttrek en Juda gelos om onder die Babiloniese inval te ly.
Hoe gereeld soek ons tevergeefs hulp op al die verkeerde plekke? Ons oë word moeg, ons raak moedeloos en op die ou end besef ons dat nie een van die dinge waarna ons opgekyk het, ons kan red nie. Miskien het ons ook vriende en raadgewers soos die profeet Jeremia gehad wat vir ons gesê het om na die Here te kyk, na Hom te draai en om hulp te vra, maar ons het geweier. Dit het te onbeduidend gelyk om met die Here daaroor te praat, of dalk het ons nie mooi geweet hoe om God te nader oor dit wat op ons harte is nie.
Soms het ons hierdie gesindheid wanneer dit by weeklaag kom. Ons verstaan nie wat aan die gebeur is nie, ons sien geen hoop nie en ons voel dat God stil is. Ons wil skree en vra “Hoekom?! Hoe lank, Here?!” maar is nie heeltemal seker of sulke uitbarstings gepas is wanneer ons met die Skepper van hemel en aarde praat nie.
Die praktyk van weeklag baan 'n weg vir 'n belaaide, lydende hart om die troon van genade te nader. Dit laat nie net toe nie, maar moedig selfs die gelowige aan om na die Here, die Skepper en Onderhouer van alle dinge, te kom en ons klagtes met Hom te deel. Hy is ons Hemelse Vader en Hy het sy kinders innig lief.
Ons erken dat ons berouvol is en op al die verkeerde plekke hulp soek. Ons onthou wie God is en verkondig weereens sy heiligheid, ongeag ons omstandighede. God is waar en wat Hy sê, is waar. Die lyding rondom ons kan oorweldigend wees; die regte reaksie is geloof in die Here wat in beheer is van alles. Ons kan Hom loof omdat Hy ons in sulke tye 'n stem gegee het — die stem en praktyk van weeklaag.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/