Lei en VolgVoorbeeld
![Lead And Follow](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3018%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ek kan 'n verskil maak.
Nehemia het van iets slegs gehoor. Sy tuisdorp Jerusalem was onbeskermd. Die muur om die stad is vernietig.
Nehemia het 'n keuse gehad om te maak toe hy daardie nuus hoor. Moet hy terugsit en gepla wees daaroor, of moet hy opstaan en iets goeds daaraan doen?
Nehemia het gekies om 'n verskil te maak. Hy het tot God gebid en toestemming by die koning gevra om Jerusalem se muur te herbou. Alhoewel die koning Nehemia gehelp het, het baie slegte dinge gebeur: mense het oor hom gelieg, teen hom baklei en hom gedreig. Nehemia het egter nie moed opgegee nie. Hy het aangehou om die goeie ding te doen wat hy geweet het hy moet doen. Hy het die muur klaar herbou. God het Nehemia gehelp om 'n verskil in 'n slegte situasie te maak.
Wanneer iets ongewens jou pla, kan God jou ook help om 'n verskil te maak wanneer jy Hom vra.
Gesels daaroor: Deel iets ongewens wat jou regtig pla. Bid daaroor, en praat oor goeie dinge wat jy daaromtrent kan doen. Hoe dink jy kan daardie goeie dinge 'n verskil maak?
Aangaande hierdie leesplan
![Lead And Follow](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3018%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Is jy 'n leier of 'n volgeling? God het jou gemaak om 'n bietjie van albei te wees. Hy sal jou help om te weet wie om te volg, en hoe om 'n leier te wees! Vir Ouers: Jou kind sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in om te speel vir memorisering van verse. Jy wil dalk toesig hou oor die gebruik van materiaal.
More