Lei en VolgVoorbeeld

Lead And Follow

DAG 2 VAN 8

Ek sal dink voor ek volg.

In die Bybelvers Matteus 15:14 praat Jesus van 'n blinde persoon, wat 'n ander blinde persoon volg.

Weet jy wat Jesus ons geleer het toe Hy dit gesê het? As jy iemand volg wat blind is vir God se weg (dit beteken dat hulle nie weet wat God se weg is nie), sal julle albei 'n verkeerde keuse maak.

Hoe kan jy weet of iemand God se weg ken of nie? Kyk na die voorbeeld wat hulle stel en vra jouself 'n paar vrae.

  • Word God eerste gestel by die maak van hul keuses?
  • Wys die keuses wat hulle maak liefde aan ander?
  • Sal ek God behaag as ek hulle voorbeeld volg?

As jy, “Nee,” moet antwoord op enige van daardie vrae, moenie daardie persoon se voorbeeld volg nie. Moenie soos 'n blinde wees wat 'n ander blinde lei nie!

Kyk die video en speel Raai die Letter om jou te help om Matteus 15:14 te memoriseer.

Raai die Letter

  1. Skryf die hele Matteus 15:14 op die agterkant van 'n stuk papier.
  2. Draai die papier om.
  3. Skryf slegs die eerste letter van elke woord van Matteus 15:14 op die voorkant van die papier.
  4. Vra jou vriend om voor op die papier te kyk en die woord waarvoor elke letter staan te raai.
  5. Gee 'n "high five" vir elke korrekte woord.
  6. Gee die bladsy vir jou vriend. Nou moet jy die woord waarvoor elke letter staan raai!

Gesels daaroor: Noem 'n paar voorbeelde wat God se weg wys. Noem 'n paar voorbeelde wat nie God se weg wys nie. Hoe kan jy vriendelik wees teenoor iemand, selfs al stel hulle nie 'n goddelike voorbeeld nie?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Lead And Follow

Is jy 'n leier of 'n volgeling? God het jou gemaak om 'n bietjie van albei te wees. Hy sal jou help om te weet wie om te volg, en hoe om 'n leier te wees! Vir Ouers: Jou kind sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in om te speel vir memorisering van verse. Jy wil dalk toesig hou oor die gebruik van materiaal.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church