Lei en VolgVoorbeeld
My keuses is 'n voorbeeld vir ander.
Jesus het in die Bybel vir ons gesê om sout en lig vir Hom te wees, maar wat beteken dit?
Dink aan wat sout doen. Baie mense sit dit op kos om dit lank vars te hou en om dit lekker te laat smaak. Jy is sout vir Jesus wanneer die voorbeeld wat jy stel, die keuses wat jy maak en die woorde wat jy spreek vir mense aanneemlik is en vir hulle wys God is goed. As jy nie op die weg van God leef nie, is jy nie sout nie. Jou voorbeeld sal nie vir mense aanneemlik wees nie, en hulle sal nie daaruit leer dat God goed is nie.
Lig doen ook iets goeds. Wanneer dit donker is, help ’n lig ons om te sien wat om ons is en waarheen ons op pad is. Wanneer jy 'n lig vir Jesus is, is die voorbeeld wat jy stel, die keuses wat jy maak en die woorde wat jy spreek 'n lig wat mense help om te sien hoe God is.
Vra God om jou te help om 'n voorbeeld te stel wat helder skyn sodat ander God se weg kan sien en leer om Jesus te volg!
Gesels daaroor: Gesels oor iets wat jy gedoen het wat soos sout of lig was. Gesels oor iets wat jy gedoen het wat nie soos sout of lig was nie. Wat dink jy kan jy doen om beter te word om sout en lig vir Jesus te wees?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Is jy 'n leier of 'n volgeling? God het jou gemaak om 'n bietjie van albei te wees. Hy sal jou help om te weet wie om te volg, en hoe om 'n leier te wees! Vir Ouers: Jou kind sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in om te speel vir memorisering van verse. Jy wil dalk toesig hou oor die gebruik van materiaal.
More