Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Radikale insluiting
God is heeltemal teen onderdrukking. Dit is omdat dit 'n skending van God se beeld is om enige mens te verstoot, te onderdruk of uit te sluit.
Ieder en elk van ons is as die beeld van God geskep. Ieder. En. Elk. Ons is een. Daar bestaan nie iets soos "hulle" nie, dit is net "ons".
Daar is 'n bekende gesegde wat sê: "Bou brûe, nie mure nie". Jesus het egter selfs verder as dit gegaan. Hy het die mure afgebreek. Hy het diegene wat voorheen uitgesluit was, opgesoek (Johannes 4; Markus 1:40-45), en Hy het hulle ingesluit. Hy het diegene wat verwerp is, opgesoek, en Hy het hulle verwelkom. Hy het diegene wat uitgelaat is, opgesoek, en Hy het hulle toegelaat.
Dit is Christus se natuur: radikale insluiting. Christus is immers alomteenwoordig — altyd. Die skeppingsoomblik was op sigself 'n aksie van insluiting: om eenwording te bewerkstellig tussen die fisiese, materiële en die Goddelike. Dit is God se verhaal. Dit is ook ons verhaal, ons roeping. Om die groot insluiters te wees.
Gebed:
Vader van insluiting, maak ons meer soos U. Help ons om te fokus op die dinge wat verenig, nie die dinge wat skeiding bring tussen ons nie. Help ons om in te sluit. Amen.
Deur Gideon Heugh
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenheid aangryp — eenheid met die skepping, met mekaar en met God — kan wonderbaarlike dinge gebeur. Ons bid dat jy, terwyl jy hierdie leesplan volg, 'n geseënde Lydenstyd sal ervaar.
More
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op
