Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld
Die gesigte van Christus
God is lief vir diversiteit. Alles wat geskep is, het 'n unieke identiteit. Hierdie wonderbaarlike oorvloed van uniekheid word egter deur een ding aanmekaar gehou: Christus. Alles wat ooit geskep is, die hele kaboedel, is deur en vir Christus geskep (Kolossense 1:16).
Daar is ongeveer 125 miljard sterrestelsels in die heelal wat aan ons bekend is. Elkeen is uniek. Elkeen van hierdie sterrestelsels bestaan uit miljarde sterre. Elkeen van hulle is uniek. Die meeste van hierdie sterre het planete wat daarom wentel. Elkeen van hulle is uniek.
Een van daardie ontelbare planete is natuurlik die aarde. In hierdie asemrowende wêreld is daar ongeveer 8,7 miljoen verskillende lewende spesies. Elkeen van hulle is uniek.
Een van daardie pragtige spesies is natuurlik ons. Mense. Daar is vandag ongeveer 7 miljard van ons. Elkeen is uniek.
Wanneer ons na 'n gesig kyk, sien ons 'n pragtige uniekheid, maar ook 'n pragtige verbintenis. Ons sien vir Christus. Wie is ons naaste? Almal; en deur almal, Christus.
Gebed:
Christus oor almal, dankie vir die uiteenlopenheid van u skepping. Help ons om dit te verwelkom en te vier. Maak ook ons oë oop sodat ons U in alles kan raaksien. Amen.
Deur Gideon Heugh
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenheid aangryp — eenheid met die skepping, met mekaar en met God — kan wonderbaarlike dinge gebeur. Ons bid dat jy, terwyl jy hierdie leesplan volg, 'n geseënde Lydenstyd sal ervaar.
More