Een: Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Die neerdaling
Heel aan die begin van die skeppingsverhaal in Genesis was daar geen lig nie. Dit was nog nie geskep nie. Die waters was diep en stikdonker. Tog het God daar vertoef, gereed en in afwagting gewag.
Wat word deur donker waters gesimboliseer? Chaos. Hartseer. Vrees. Leegheid. Verlies. Hopeloosheid. Die Goeie Vrydae van die lewe.
In die antieke literatuur is daar 'n begrip genaamd katabasis. Dit beteken om neer te daal met die doel om begrip in te win. Die mense van die antieke tyd het iets verstaan wat ons al vergeet het: die mees diepgaande waarhede word nie noodwendig op bergspitse gevind nie — dit lê dikwels op die bodem van 'n put.
Jy sal dit uit jou eie lewe kan beaam. Dink aan die gebeure wat jou menswees gevorm het. Dit gaan nie verhale wees van welvaart nie; dit gaan verhale wees van uitdagings, verhale wat in donker gehul is. Goeie Vrydag verhale.
As jy lank genoeg leef, sal jy 'n tyd beleef sonder enige lig. Dalk beleef jy tans so 'n tydperk. Wat as God in daardie donkerte vertoef, swewend bo die waters — gereed om iets nuuts te skep?
Gebed:
Christus wat gekruisig is, Christus wat daar is in die donkerte, maak my bewus van u teenwoordigheid. Gee aan my vrede terwyl ek wag op die oomblik wanneer U sal sê: "Laat daar lig wees." Amen.
Deur Gideon Heugh
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wanneer ons na die wêreld van vandag kyk, sien ons so baie verdeeldheid en afsondering. Daar ís egter hoop. 'n Diep, opwindende hoop. Wanneer ons besef dat ons almal een is in Christus, verander alles. Wanneer ons eenheid aangryp — eenheid met die skepping, met mekaar en met God — kan wonderbaarlike dinge gebeur. Ons bid dat jy, terwyl jy hierdie leesplan volg, 'n geseënde Lydenstyd sal ervaar.
More
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op
