Die Goddelike GeheimVoorbeeld

Die Goddelike Geheim

DAG 2 VAN 12

Neem tyd met God

Dit behoort elke Christen se doel te wees om elke dag ’n tydjie opsy te sit vir stille gemeenskap met God. God verdien inderdaad die beste tyd van ons dag. Ons behoort in gedurige gemeenskap met God te lewe, maar daar behoort elke dag ’n spesiale stiltetyd te wees wanneer ons alleen by Hom is.

Dink aan die ure per dag wat ’n kind op skool deurbring om die kennis te vergaar sodat hy later vir homself ’n lewe kan skep. Hoeveel meer tyd moet ons dan in God se teenwoordigheid deurbring sodat Hy ons van die ewige lewe kan leer? Gee God al die tyd wat jy kan totdat sy lig en lewe en liefde jou vul.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Goddelike Geheim

Andrew Murray was een van die grootste Christen-skrywers ooit. Hierdie 12 kort en kragtige oordenkings uit sy dagboek DIE GODDELIKE GEHEIM sal jou herinner dat gebed die wonderlike krag het om ons te help om tot God te nader en sy nabyheid elke dag te ervaar. Onthou altyd dié geheim: Bid sonder ophou!

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/