Die Goddelike GeheimVoorbeeld

Die Goddelike Geheim

DAG 12 VAN 12

Die vrug van die Gees

Dink aan die eerste drie vrugte, naamlik liefde, vreugde en vrede; die drie hoofeienskappe van ’n sterk geloofslewe. Liefde vir God en Christus, vir ander gelowiges en alle mense. Vreugde, die bewys van die volmaakte vervulling van elke behoefte. Vrede, die salige staat van ongehinderde rus en sekuriteit waarin die vrede van God die wag hou.

Kom ons maak dit ons hoogste begeerte en vra die Gees om hierdie vrugte tot volmaaktheid in ons te bring. Dan sal ons uiteindelik die vermoë hê om reg te bid en altyd meer van ons hemelse Vader te vra.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit DIE GODDELIKE GEHEIM deur Andrew Murray © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Die Goddelike Geheim

Andrew Murray was een van die grootste Christen-skrywers ooit. Hierdie 12 kort en kragtige oordenkings uit sy dagboek DIE GODDELIKE GEHEIM sal jou herinner dat gebed die wonderlike krag het om ons te help om tot God te nader en sy nabyheid elke dag te ervaar. Onthou altyd dié geheim: Bid sonder ophou!

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/