Die Goddelike GeheimVoorbeeld
Die krag van gebed
Voor ons Here se hemelvaart het Hy sy dissipels twee groot lesse geleer rakende hulle verhouding met Hom in die groot werk wat hulle moes uitvoer. Die een was dat Hy in die hemel baie meer krag as op aarde sou hê en dat Hy daardie krag sou gebruik om mense te verlos. Die ander was dat hulle niks sonder Hom sou kon doen nie, maar dat hulle op Hom kon reken om in en deur hulle te werk en so sy plan uit te voer. Hulle eerste en belangrikste werk sou daarom wees om alles wat hulle wou hê in gebed na Hom toe te bring.
Kom ons leer om bo alles elke dag dié intieme gemeenskap met Christus te soek wat in diepe afhanklikheid en voortdurende smeking geleë is.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Andrew Murray was een van die grootste Christen-skrywers ooit. Hierdie 12 kort en kragtige oordenkings uit sy dagboek DIE GODDELIKE GEHEIM sal jou herinner dat gebed die wonderlike krag het om ons te help om tot God te nader en sy nabyheid elke dag te ervaar. Onthou altyd dié geheim: Bid sonder ophou!
More
Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/