Leef DoelgerigVoorbeeld
Wees Waaksaam
Ons stap reeds 'n lang pad sedert ons onsself aan God toegewy het, ons weggekeer het van die dinge wat ons nie vervul nie en by God om rigting en doel vir ons lewens begin soek het.
Vandag bespreek ons 'n ernstiger onderwerp — wees op jou hoede.
Gun my om eers te verduidelik ...
Die Bybel sê in Johannes 10:10:
"'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed."
Dalk is jy verbaas om te hoor dat jy 'n vyand het. Sy naam is Satan en sy enigste doel is om jou lewe te steel, te vernietig en jou uiteindelik dood te maak.
Gelukkig is God aan ons kant, want deur Jesus Christus, is ons vyand alreeds oorwin en die sleutels van die dood teruggeneem. In Hom is ons veilig en beskut.
Dit is egter die moeite werd om te onthou dat, terwyl jy 'n doelgerigte lewe nastreef en daarvolgens leef, die vyand sy aandag op jou gaan vestig. Die laaste ding wat hy wil hê, is dat passievolle Christene die aarde bewoon, hulle geloof deel en werk om siele vir God se koninkryk te wen.
Daarom moet ons waaksaam wees en ons harte en sinne bewaar.
Hou eers hier op en lees Efesiërs 6:10-20.
Ons het hoop, my vriende! Ons het 'n volledige wapenrusting om ons teen die vyand se aanvalle te beskerm.
Wees ywerig om jou daagliks met God se wapenrusting te beklee, sodat jy sterk kan staan teen die aanslae van die vyand.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie drie-dag leesplan gaan ons kyk wat dit beteken om doelgerig te lewe. Dit kan al te maklik wees om doelloos te leef, en dis hartseer as ons kosbare lewens so sonder doel verbygaan. Staan dus die volgende drie dae af om te sien wat dit beteken om jou weg te keer van die weë van die wêreld, en op te kyk na God om vir Jesus te begin volg — doelgerig.
More