Leef DoelgerigVoorbeeld

Driven by Purpose

DAG 1 VAN 3

Danny se Verhaal

Danny se verhaal is nie noodwendig een wat ongewoon is nie. In die moderne Westerse wêreld, gryp ons dikwels na dinge soos alkohol, dwelms, seks en ons beroepe, om ons aandag af te lei van die seer in ons siele.

Soos Danny, probeer baie van ons oorleef met hierdie wêreldse ontvlugtinge, maar uiteindelik faal alles. Die bedoeling was nooit dat daardie dinge ons moet dra na ons soeke vir liefde nie. Meer spesifiek, ons behoefte aan God se liefde.

Danny het 'n ingrypende ondervinding met Jesus gehad wat tot 'n ommekeer in sy lewe gelei het. Dit gebeur nie met ons almal nie, ons het dalk net hierdie knaende gevoel dat iets in ons lewens kortkom.

In sy eie woorde, sê Danny:

“Ek het so baie dinge nagejaag om vervulling te kry. Nie een het dit vir my gegee nie.”

Die gebeure in Danny se lewe wat hom uiteindelik terug gelei het na die God aan wie hy sy lewe as 'n jong man gegee het, stem 'n bietjie ooreen met die lewe van iemand in die Bybel.

Die Verlore Seun.

Hou eers hier op en lees Lukas 15:11-32.

Is dit nie wonderlik nie! Die verlore seun wat sy erflating en sy vader se rykdom deur sy losbandige lewe verkwis het, is terug verwelkom as 'n seun, asof hy nooit weggegaan het nie.

Net soos met Danny se getuienis, het Pat Robertson op die 700 Klub gesê: “Jy kan terugkeer as jy weggedwaal het.”

Die eerste stap om doelgerig te begin lewe, is om jou weg te keer van die dinge wat jou van koers af lok.

Om alkohol te geniet, verhoudings te hê en jou beroep se verantwoordelikhede te hanteer, is nie slegte dinge op sigself nie. Wanneer dit egter jou enigste beweegrede is om te lewe, kan dit vernietigende gevolge hê.

Keer jou na God – of keer terug na God – en laat Hom toe om jou lewe te vul, aan jou rigting en doelgerigtheid te gee, terwyl jy in 'n verhouding met Hom lewe.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Driven by Purpose

In hierdie drie-dag leesplan gaan ons kyk wat dit beteken om doelgerig te lewe. Dit kan al te maklik wees om doelloos te leef, en dis hartseer as ons kosbare lewens so sonder doel verbygaan. Staan dus die volgende drie dae af om te sien wat dit beteken om jou weg te keer van die weë van die wêreld, en op te kyk na God om vir Jesus te begin volg — doelgerig.

More

Ons bedank graag CBN Europe vir hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.cbneurope.com/yv