Leef DoelgerigVoorbeeld
Vind Doelgerigtheid
Noudat ons vasgestel het wat dit is wat ons nie kan vervul nie en wie die Een is wat ons wel kan vervul, kan ons kyk na unieke en individuele gebeure en hoe dit afspeel in ons persoonlike lewens.
Spreuke 29:18 sê:
"Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder 'n volk;
dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou."
Die tweede stap om 'n doel te vind en doelgerig te lewe, is om die Doelgewer te raadpleeg.
Jeremia 29:11-13 sê:
"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na My wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra."
God het ons voorbestem voordat ons gebore is om goeie dade op aarde te doen (sien Efesiërs 2:10). Hy het 'n lewe vir elkeen van ons beplan en geskep wat vervullend, verrykend en ook by tye uitdagend sal wees! Ons is geskep om binne die ruimte van God se liefde te leef, dit is waar ons die beste kan floreer.
Die beste manier om God se plan vir ons lewens te ontdek, is om Hom te vra!
Staan dus tyd af om ernstig te bid, miskien oor 'n tydperk om te soek na wat in God se hart vir jou lewe is. God beloof dat wanneer ons bid, Hy sal luister. Hy beloof ons in sy Woord dat wanneer ons Hom heelhartig aanroep, sal ons Hom vind.
As jy sukkel om te onderskei wat dit is wat God vir jou sê, kan jy praat met die leraar of geestelike leier in jou kerk, om jou te help ontdek wat dit is wat God in jou lewe wil doen. Baie mense in die liggaam van Christus, het die gawe van profesie ontvang en om woorde van wysheid en bemoediging te gee. Dit is nie 'n skande om hierdie mense om geestelike leiding te vra nie.
Wees daarom verheug! Soek met blydskap na God se leiding en doel met jou lewe. Hy gee met liefde goeie gawes aan sy kinders en die gawe om doelgerig te lewe, is een van daardie gawes.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie drie-dag leesplan gaan ons kyk wat dit beteken om doelgerig te lewe. Dit kan al te maklik wees om doelloos te leef, en dis hartseer as ons kosbare lewens so sonder doel verbygaan. Staan dus die volgende drie dae af om te sien wat dit beteken om jou weg te keer van die weë van die wêreld, en op te kyk na God om vir Jesus te begin volg — doelgerig.
More