Ontdek Jou IdentiteitVoorbeeld

Embracing Your Identity

DAG 5 VAN 5

Volkome jy

Na Jakob se worsteling met God, was hy mank. Sy gebrek was nie net fisies nie, dit was 'n teken van sy nuwe identiteit. Dit was 'n simbool dat hy nou Israel was, die vader van 'n nasie, en dit was uniek aan hom.

As jy jouself aan die reis verbind, sal jy jou eie worstelinge hê. Jy mag dalk selfs 'n geestelike gebrek opdoen; iets wat jou worsteling definieer. Dis nie veronderstel om jou te kniehalter of 'n swakheid te wees nie, maar eerder 'n simbool en herinnering te wees dat jy nou verander het. Jy is nou JY!

Jy is uniek. Toe God jou in jou moederskoot gevorm het, het Hy dit met sorg en groot detail gedoen. Hy het al jou talente en gawes in jou geweef. Hy het van al die ervarings, ook die moeilikes, wat jou lewe sou vorm, geweet. Hy het geweet watter unieke rol jy in die liggaam van Christus sou speel.

Soms raak ons so vasgevang in wat ander mense doen of waarvoor God hulle gebruik. Ons wens ons het hulle talente of geleenthede of rol gehad. Die baan waarin hulle hardloop is egter nie vir jou bedoel nie...en joune is nie vir hulle bedoel nie. Moet nooit ander mense na-aap nie – wees net jouself. Wees volkome jy, want niemand anders kan jy wees nie!

Ek hou baie van Die Boodskap se vertaling van Galasiërs 6:4-5:

"Gaan kyk 'n slag goed na julle eie lewe. Wees tevrede met die goeie dinge wat God in julle lewe tot stand gebring het sonder om julle gedurig met ander gelowiges te vergelyk. Op die ou end sal julle slegs oor julle eie lewe aan God moet rekenskap gee."

Ek kan nie aan 'n beter manier dink om vandag se leesstuk mee af te sluit nie. Hiermee wil ek jou aanmoedig om jou reis na jou ware identiteit ten volle te ervaar. Ontdek wie jy is en watter rol jy in die liggaam van Christus speel, en doen dit ten volle. Moenie probeer om iemand anders te wees nie...wees net jouself!
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Embracing Your Identity

Voel jy soms dat jy nie weet wie jy is nie of etikette dra wat nie by jou pas nie? Dalk sukkel jy om die regte "jy" te vind en uit te leef. Hierdie leesplan is 'n reis deur Die Woord en vertel vir jou hoe om al die etikette af te gooi en 100% jy te wees. Begin vandag en leer hoe om jou identiteit uit te leef!

More

Baie dankie aan Brittany Rust wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek brittanyrust.com vir meer inligting