Ontdek Jou IdentiteitVoorbeeld
Wees toegewyd tydens die proses
Wees toegewyd tydens die proses, as jy jou ware identiteit wil ontdek! Soos wat ons in die afgelope paar dae ontdek het, sal daar struikelblokke wees, onsekerheid, en moeilike dae wat jou sal ontmoedig. Jy sal egter toegewyd moet bly as jy die nuwe jy wil ontdek!
Hebreërs 10:35-36 is een van my gunsteling verse in die Bybel; ek sê dit dikwels vir myself! Dis 'n goeie herinnering om my vertroue in God te stel, uithouvermoë en geduld aan die dag te lê en vas te hou aan die belofte dat daar 'n beloning is vir my getrouheid.
Hou vas aan hierdie twee verse tydens jou reis en laat toe dat hulle jou deur die moeilike tye dra, wanneer jy die handdoek wil ingooi.
Dit is so dat moeilike tye die ware jy na vore bring. Wanneer die lewe moeilik is, vind ons onsself en die pad wat ons wil volg. Vir my persoonlik, het die donker seisoen in my lewe my meer gehelp as die goeie tye. Moenie jou tyd verspeel in hierdie periode waarin jy jouself kan vind nie.
Wat ook al oor jou pad kom in jou soeke na jou ware identiteit, gryp dit aan. Gebruik hierdie geleenthede om te groei en die beste in jou na vore te bring. Jy sal nie spyt wees nie!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy soms dat jy nie weet wie jy is nie of etikette dra wat nie by jou pas nie? Dalk sukkel jy om die regte "jy" te vind en uit te leef. Hierdie leesplan is 'n reis deur Die Woord en vertel vir jou hoe om al die etikette af te gooi en 100% jy te wees. Begin vandag en leer hoe om jou identiteit uit te leef!
More
Baie dankie aan Brittany Rust wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek brittanyrust.com vir meer inligting