Ontdek Jou IdentiteitVoorbeeld
Die taboe's van jou identiteit
Daar is 'n paar dinge wat jy moet vermy terwyl jy op hierdie reis is om jouself te ontdek. Die vyand wil nie hê jy moet die persoon wees wat God vir jou beplan het nie. Die Satan wil hê dat jy die etikette omhang wat jou sal weerhou daarvan om alles te wees wat God vir jou begeer. Hy sal sy bes probeer om dit te laat gebeur.
Hier is 3 dinge wat jy moet vermy:
1. Moenie van jou doel afgelei word nie. Die vyand gaan hard probeer om jou van spoor af te kry. Hy gaan moedeloosheid, hopeloosheid en frustrasie gebruik om jou te keer om jou bestemming te bereik. Wanneer jy hierdie dinge ervaar, moenie moed verloor nie, maar staan vas en behou die koers wat jy ingeslaan het. Wees vasberade om die reis suksesvol te voltooi.
2. Moenie kompromieë aangaan nie. Jy sal in die versoeking kom om kortpaaie te volg of sekere prosesse vinniger af te handel as wat nodig is om deur die verlede en pyn te beur. Dit is geriefliker om toe te gee aan druk van ander, maar dit is nie die moeite werd nie. Soms moet jy jou tande kners en deur 'n proses gaan, al maak dit seer. Leef die nuwe jy uit wat jy besig is om te word. Onthou altyd dat die ou dinge verby is en dat die nuwe lewe gekom het. Moenie 'n slaaf van sonde word nie. Dit sal jou mislei.
3. Moenie toelaat dat iemand anders vir jou voorskryf wie jy is nie. Jakob het toegelaat dat Rebekka vir hom voorskryf wie hy moes wees, en dit was nie wie hy regtig was nie. Daar sal mense in jou lewe wees wat vir jou gaan voorskryf wie jy moet wees of die pad wat jy moet volg. Dit mag dalk vir jou aanvaarbaar klink, maar as dit nie by jou identiteit pas nie, moet jy nie luister nie. Dalk verwag jou ouers dat jy na dieselfde universiteit toe gaan as waar hulle was, al is dit nie 'n goeie keuse vir jou toekoms nie. Dalk ervaar jy druk van jou werkgewer af om aansoek te doen vir 'n posisie wat jy weet nie jou talente en drome insluit nie. Wat dit ook al mag wees, moet jou nie deur ander mense laat voorskryf nie.
Romeine 6:6 is 'n kragtige woord wat ons daaraan herinner dat ons 'n nuwe skepsel is en nie na ons ou lewe moet terugkeer nie. Volg God se pad vir jou lewe, dan sal jy jou ware identiteit ontdek!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy soms dat jy nie weet wie jy is nie of etikette dra wat nie by jou pas nie? Dalk sukkel jy om die regte "jy" te vind en uit te leef. Hierdie leesplan is 'n reis deur Die Woord en vertel vir jou hoe om al die etikette af te gooi en 100% jy te wees. Begin vandag en leer hoe om jou identiteit uit te leef!
More
Baie dankie aan Brittany Rust wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek brittanyrust.com vir meer inligting