Wanneer God Kon Maar Hy Het NieVoorbeeld

When God Could’ve but He Didn’t

DAG 4 VAN 5

Ook dit sal verbygaan

Jare gelede, na die my laparoskopie galblaas verwydering het ek wakker geword met 'n buis wat deur my maag regs bo as 'n na-operatiewe prosedure gedoen is. Na 'n paar dae was dit uiteindelik tyd om die buis uit te haal. Sonder narkose of pynpille het die dokter dit versigtig uitgetrek en my asemhaling gereguleer.

Teen die laaste trek het hy my gewaarsku dat dit baie, baie seer gaan wees. Dit was. Vir omtrent twee sekondes of wat vir my soos 'n ewigheid gevoel het, was dit asof my vel uitmekaar geskeur word. Dit was dit. Al was dit op daardie oomblik pynlik, het die pyn verdwyn.

"Ook dit sal verbygaan." Wanneer ek in fisieke of emosionele pyn verkeer, word ek altyd daaraan herinner. Jy kan troos daarin vind, want wat jy van jou pyn weet — ook dit sal verbygaan.

Bid en vra God om jou te help om nie klem op die pyn te plaas nie, want dit is net tydelik. Dit maak nie saak of jou pyn soos 'n ewigheid voel nie, lê jou klem op Hom wat jou genees en aan jou hoop gee vir 'n helderder môre.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

When God Could’ve but He Didn’t

Waar begin jy wanneer jy weet dat God kon maar Hy het nie? Hierdie 5-dag oordenking is geanker in die Woord van God en sal jou help om die krag te vind te midde van verpletterende moeilike tye.

More

Baie dankie aan Pam Marasigan wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.pammarasigan.com