Vrymoediger: 'n Kykie na die vermetele geloof van onvolmaakte menseVoorbeeld
Dag 4: Jonatan
Jonatan was die oudste seun van Saul, die eerste koning van Israel. Normaalweg, wanneer 'n koning gesterf het, sou sy eersgebore seun as koning oorneem. Ongelukkig vir Jonatan is Saul deur God verwerp a. g. v. sy ongehoorsaamheid (sien 1 Samuel 15), daarom het God vir Dawid gekies om hom as koning te vervang. Dawid was geduldig en het gewag vir God se tydsberekening om die troon oor te neem in plaas daarvan om homself in daardie posisie te dwing voordat Saul se heerskappy geëindig het.
Stel jou voor dat jy Jonatan in hierdie situasie is. Jy is 'n prins. Jou pa is die koning. Jy woon in 'n paleis, jou lewe is goed. Dan maak jou pa 'n paar slegte keuses en maak jou toekoms deurmekaar. Hoe sou jy voel oor die een wat gekies is om na jou pa die troon oor te neem, in plaas van jou?
Hoe Jonatan ook al aanvanklik gevoel het, sien ons dat hy en Dawid beste vriende word. Saul, wat in der waarheid Dawid se skoonpa word, het 'n ingewikkelde en werklik op-en-af verhouding met Dawid. Soms lyk dit of hy van Dawid hou, maar dan probeer hy by meer as een geleentheid om hom dood te maak.
Jonatan wankel egter nooit. Hy bly getrou as 'n vriend en as 'n bondgenoot. In 1 Samuel 20 lees ons hoe hy Dawid waarsku om van sy pa, Saul, te vlug, aangesien hy (weer) daarop uit was om Dawid dood te maak. Stel jou voor hoe moeilik dit vir Jonatan moes gewees het. Hy het geweet sy reg op die troon word deur God aan Dawid gegee. Hy moes middelman speel tussen sy pa, die huidige koning, en sy maat, die toekomstige koning. Hy moes ’n kant kies en steeds die ander persoon eer. Jonatan het inderdaad 'n kant gekies: hy het hom geskaar by die een wat God gekies het. Hy het besluit om saam te gaan met wat God doen. Dit het sy lewe nie makliker gemaak nie, maar sy lewe het geëindig met sy karakter ongeskonde.
Jonatan se vrymoedigeid het vorentoe gekyk. Hy het geweet dat hy nie koning sou wees nie en dat sy pa, Saul, se geslagslyn as koninklikes besig was om te eindig. Sy pa het hom nie in 'n goeie posisie geplaas vir die toekoms nie, maar Jonathan het na die toekoms gekyk en sy eie seun goed geposisioneer. Hy het gekies om 'n ondersteunende rol in God se geheelbeeld te aanvaar, en het geweier om die jaloesie waarvolgens hy sy pa sien optree het, te laat oorneem, en gevolglik het sy eie seun die vrugte daarvan gepluk.
Nadenke/Besprekingsvrae:
1. Ken jy iemand wie se vrymoedigheid meer goed vir hulleself doen as vir ander? Hoe voel jy oor daardie persoon se karakter?
2. Noem een manier waarop jy vrymoedig kan wees namens iemand anders.
Aangaande hierdie leesplan
Vrymoedigheid hoef nie groots te wees en aan almal verkondig te word nie; dit is bloot die daad om alles wat jy het na Jesus te bring en Hom te vertrou met die uitkoms. Kom reis op 'n sewe dae lange avontuur en kyk na die vermetele geloof van onvolmaakte mense.
More