Vrymoediger: 'n Kykie na die vermetele geloof van onvolmaakte menseVoorbeeld
Dag 2: Ester
Ons spring na die middel van die verhaal in hoofstuk 4, kom ons haal dus in (lees gerus die hele Ester as jy wil!) Ester, 'n Jodin, is koningin gemaak ná die Persiese koning, Ahasveros, ontevrede was met sy vorige vrou. Haman, koning Ahasveros se regterhand, het Mordegai, Ester se oom, gehaat omdat Mordegai geweier het om voor hom te buig (omdat Jode net voor God sou buig). Haman het daardie haat na alle Jode uitgebrei en die waarheid 'n bietjie verbuig om koning Ahasveros te oortuig dat hulle almal doodgemaak moet word. Die koning het, weens misplaaste vertroue en verkeerde inligting, ingestem.
In Ester 4 daag Mordegai vir Ester uit om haar posisie as koningin te gebruik om die Jode te red. Haar huiwering maak sin, want sy was net in haar posisie omdat die koning sy laaste vrou ontslaan het, en hy het haar 'n hele maand lank nie geroep om haar te sien nie. Sal hy haar selfs met hom laat praat? Sy kan letterlik haar lewe verloor net deur die koning te kom sien sonder om ontbied te word.
Ester se dapperheid in die aangesig van moontlike dood het nie uit die lug geval nie. Twee dinge het haar blykbaar oortuig om tot aksie oor te gaan al het sy vir haar lewe gevrees: 'n goeie, motiverende toespraak en ondersteuning van haar span. As jy sport speel of al enige sportflieks gekyk het, kan jy jou die toneel voorstel: die afrigter of kaptein hou 'n inspirerende toespraak wat die span herinner aan die rede waarom hulle moet terugveg, selfs terwyl hulle agter is. Die span het 'n oomblik as 'n groep wat hulle saambind en hulle verseker dat, hoe dinge ook al uitwerk, hulle saam daarin is en mekaar in die stryd kan vertrou. Ester het 'n soortgelyke ervaring gehad. Mordegai se boodskap het haar oortuig het dat sy na die koning moes gaan, en sy het onmiddellik ondersteuning begin nodig kry. Sy vra die mense naaste aan haar om saam met haar te vas om voor te berei vir die oomblik wanneer sy die koning gaan sien, en sy vra vir Mordegai om almal te vra wat hy kan om ook by hulle aan te sluit — en hulle maak so.
Mordegai se woorde in hoofstuk 4:14 het Ester nie net geïnspireer om op te tree nie, maar het baie ander vir geslagte daarna geïnspireer om op te tree, ten spyte van hul vrese. Die woord "bemoedig" kom van die idee om moed te gee. Ons sien Ester se vrymoedigheid in hoe sy bereid is om na die koning te gaan en in hoe sy voorberei (sy kom met 'n plan), en ons sien Mordegai se vrymoedigheid wanneer hy sy niggie moed gee om dit wat sy hét te gebruik ten goede van die mense.
Nadenke/Besprekingsvrae:
1. Wanneer was daar 'n tyd toe jy bang was om iets te doen wat jy geweet het jy moes, en iemand se aanmoediging het die verskil gemaak?
2. Wie is nou iemand in jou lewe met wie jy jou moed kan deel?
3. Is jy op die oomblik in 'n posisie om iemand anders te help, maar jy word teruggehou deur vrees? Wat is een stap wat jy kan neem om die moed te verkry wat jy nodig het?
Aangaande hierdie leesplan
Vrymoedigheid hoef nie groots te wees en aan almal verkondig te word nie; dit is bloot die daad om alles wat jy het na Jesus te bring en Hom te vertrou met die uitkoms. Kom reis op 'n sewe dae lange avontuur en kyk na die vermetele geloof van onvolmaakte mense.
More