Klein Groepe, Enorme GroeiVoorbeeld

Julle Is Skaapwagters
Abel. Abraham. Josef. Moses. Dawid. Amos. Al hierdie manne het iets in gemeen. Ja, hulle het almal goeie, sterk Bybelname. Ja, as daar 'n Saal van Roem in die hemel is, sal hierdie manne beslis daarin geëer word. Wat egter interessant is, is dat hulle almal op dieselfde manier 'n bestaan gemaak het — hulle was skaapwagters.
Dit lyk asof skaapwagters nogal vir God belangrik is. Jy weet, dis soos kinders baie lief is vir brandweermanne. Dink daaroor. Wie was die eerste mense wat van Jesus se geboorte gehoor het? Skaapwagters. En dit is nie omdat hulle heel eerste was om 'n e-pos of sms te kry nie. Nee, daar was ligte, laserstrale, flitse, en 'n rookgevulde hemelruim, met 'n hemelse kooruitvoering van een van die grootste liedere van alle tye.
Kleingroepleiers, julle is hedendaagse skaapwagters. Dit is nie 'n maklike taak nie. Dit kan uitputtend, frustrerend, eensaam en soms vreesaanjaend wees om 'n kleingroep te lei. Laat die volgende gedagtes egter vir elkeen van julle 'n aanmoediging wees:
- God is erg oor jou. Kyk net hoe Hy skaapwagters in die Bybel behandel het.
- God gebruik jou. Jou nederige taak het 'n enorme, ewige impak.
- God sien jou. Jy ontvang hemelse belonings.
- God vorm jou. Dawid het Goliat verslaan en daarna die volk van God gelei, eers nadat hy geleer het om skaapwagter te word.
'n Gebed vir julle: Vader, dankie vir hierdie nederige leiers. Dankie vir hul passie om mense te lei om U te volg. Heilige Gees, versterk hulle asseblief met krag, vul hulle met Goddelike wysheid en lei hulle om te groei tot die leier wat U wil hê hulle moet wees. Jesus, verhoog hulle invloed in u kerk en in hul gemeenskappe. Ons vra dit alles om u liefde en krag aan 'n goddelose wêreld bekend te maak! Amen.
Geïnspireer deur wat jy gelees het? Begin ons Go After God’s Heart leesplan vir kleingroepleiers.
Aangaande hierdie leesplan

Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in ons Christelike lewens is, of is daar iets meer? Hierdie leesplan, deur die Life.Church se LifeGroups-span, is vir almal wat dink dat God hulle kleingroepie kan gebruik om massiewe groei te bewerkstellig.
More