Klein Groepe, Enorme GroeiVoorbeeld
Hoe Groepe Groei
Volgens wetenskaplikes, bestaan die volwasse menslike liggaam uit ongeveer 37 biljoen selle. Vir diegene wat graag tel, dit is 37 gevolg deur 12 nulle. Wat nog meer verbasend is, is dat hulle almal van een enkele sel afkomstig is. Hoe word een sel 37 biljoen selle? Eenvoudig — hulle groei!
Die eerste kerk het geweldig gegroei. Jesus het met 12 dissipels begin. Nadat Jesus opgevaar het, noem die eerste hoofstuk in Handelinge dat die aantal gelowiges tot 120 aangegroei het. Teen die einde van Handelinge twee, het hulle tot meer as 3 000 aangegroei! Kleingroepe het die middelpunt van hierdie groei verteenwoordig.
Dit is maklik, veral in die hedendaagse kultuur, om op die getalle te fokus. Jy mag dalk selfs dink dat hierdie getalle nie baie indrukwekkend is nie. Daar was waarskynlik destyds ook mense wat op die getalle gefokus het, maar dit is nie die groei waarop die Bybelse skrywers gefokus het nie. Die Skrif openbaar hierdie ses maniere waarop vroeë gelowiges vinnige geestelike groei beleef het:
Vrygewige leefstyl
Gereelde gemeenskap
Eenheid in aanbidding
Wyse onderrig
Volhardende gebed
Heilige Gees se krag
Bid:Heilige Gees, sal U my wys hoe my groep in hierdie ses areas geestelik kan groei? Waar gaan dit goed met ons? Waar het ons die meeste werk nodig? Hoe kan ons die groei van u kerk bevorder?
Aangaande hierdie leesplan
Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in ons Christelike lewens is, of is daar iets meer? Hierdie leesplan, deur die Life.Church se LifeGroups-span, is vir almal wat dink dat God hulle kleingroepie kan gebruik om massiewe groei te bewerkstellig.
More