Kersfees — die GeskenkVoorbeeld
Sy Teenwoordigheid Herskep
Van al die voorstellings wat aan ons in die verhaal van die eerste Kersfees gegee word, is die plek waar Jesus gebore is, waarskynlik die mees onindrukwekkend. Daardie eerste Kersfees het begin met 'n reis. Terwyl Maria met Jesus swanger was, het Josef en Maria van Nasaret na Betlehem gereis. Maria se tyd om geboorte te gee het vinnig nader gekom. Die oomblik toe hulle in Betlehem aankom, het sy begin kraam. Ongelukkig was daar 'n groot probleem. Die stad was oorvol en geen plek vir hulle in die herberg vir reisigers nie.
Die enigste beskikbare plek was in 'n stal. Dit was heel waarskynlik 'n soort grot waar diere oornag aangehou kon word. Dit het effense beskerming teen die elemente gebied, maar nie veel meer nie. Dit sou na diere en strooi geruik het. Dit was onhigiënies, onaantreklik en heeltemal ongewens as 'n plek om geboorte te gee. Dit was nietemin beskikbaar en ook die enigste aanbod wat hulle gekry het.
Dit is die plek waar Jesus gebore is. Sy eerste bed was 'n krip. 'n Voerbak vir diere. Jesus is gebore in nederige omstandighede. Om te sê dat sy omgewing gewoon was, is dus oordrewe.
Tog het die engele 'n belangrike boodskap gehad om mee te deel. Net so ook die wyse manne en die ster wat hulle na Hom gelei het. Die stal het egter 'n baie belangriker boodskap vir elke mens gehad wat nou leef, asook dié wat nog op hierdie aarde gebore moet word. Die stal simboliseer Jesus se gewilligheid om enige en elke situasie binne te gaan. Dit hoef nie duur of hoogaangeskrewe te wees nie. Dit hoef nie gerespekteerd te wees nie. Dit hoef nie eens skoon te wees nie. Jesus se teenwoordigheid sal dit skoon en eerbaar maak.
Die stal het 'n paleis geword en die krip 'n troon. Hulle voorkoms het nie verander nie, maar sy teenwoordigheid het die verskil gemaak. Jesus is gewillig om in enige menslike hart te kom woon wat vir Hom beskikbaar en aangebied word. Hy verander alles waar ook al kom of woon. Hierdie waarheid is die boodskap van Kersfees.
Terwyl jy hierdie jaar Kersfees vier, moet jy sekermaak dat elke plek in jou lewe vir Jesus beskikbaar is en bied alles aan die Een wat sal kom om jou lewe tot sy eer te verander.
'n Geseënde Kersfees aan jou en mag jy baie seëninge in die nuwe jaar ervaar.
As jy hierdie leesplan geniet het wil ons, ILI, jou uitnooi om met ons kontak te behou en ontdek hoe jy as leier kan groei en die goeie nuus versprei. Vir verdere inligting besoek https://iliteam.org/connect.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Kersfees is 'n tyd om die grootste geskenk van almal, Jesus, te vier. Om na die verhaal van Christus se verwagte koms by Kersfees te kyk, herinner ons daaraan dat Jesus gekom het as die vervulling van God se beloftes en getrouheid. Al ons hoop en gebede word beantwoord in die teenwoordigheid van Jesus, Immanuel, God met ons.
More