Kersfees — die GeskenkVoorbeeld

The Gift of Christmas

DAG 1 VAN 4

Die Teenwoordigheid van Engele


Engele is prominente figure in die Kersverhaal. Hulle verskyn verskeie kere en speel altyd 'n belangrike rol in die situasie waarin hulle te voorskyn kom. Hulle staan bekend as "dienende geeste" en "God se boodskappers" en hulle speel 'n sleutelrol in die verhaal van Jesus se geboorte. 

Hulle is hoofsaaklik "boodskappers" in die Kersverhaal. Hulle rol is om iets betekenisvol aan te kondig of mee te deel. Hulle doen dit herhaalde kere in die verhaal van Jesus se geboorte.

Die eerste keer is toe 'n engel aan Sagaria verskyn om hom te vertel dat sy vrou, Elisabet, 'n kind gaan hê wat die voorloper van die Messias sou wees. Kort daarna verskyn 'n engel aan Maria en kondig aan dat, alhoewel sy 'n maagd is, sy geboorte gaan gee aan Jesus, die Seun van God. 

Die volgende keer is toe Josef ontdek dat Maria swanger is. Hy is verward en gebroke en beplan om hul verhouding te verbreek. Uiteindelik bring die engel die boodskap aan Josef dat Maria swanger is, dat dit 'n wonderwerk is en dat die kind wat gebore gaan word, God in menslike vorm is. Die engel het ook nog onthul dat die kind die Verlosser van die wêreld sal wees.

Dan is daar die verhaal van die skaapwagters wat in die nag oor hulle skape die wag gehou het. Weereens kom die engel om 'n "goeie tyding van groot blydskap" te bring. In hierdie geval gaan die engeleboodskap gepaard met 'n "menigte engele". 

Laastens waarsku 'n engel vir Josef in 'n droom om met Maria en Jesus na "Egipte toe te vlug" omdat Herodes op soek is na Jesus om Hom dood te maak. Regdeur die Kersverhaal in die Bybel het die engele gekom en belangrike boodskappe van God gebring wat op Jesus gefokus het.

Engele bestaan en hulle het nog steeds werk om te doen, maar aan ons is die groot voorreg en verantwoordelikheid gegee om deesdae die "goeie nuus" te versprei. Ons is nou diegene wat vertrou word om God se boodskap van liefde aan ander mee te deel. 'n Boodskap wat wentel om Jesus Christus, die Seun van God. Kersfees is 'n tyd om die goeie nuus van die evangelie te verkondig. Die opdrag is aan ons gegee om die wonderlike boodskap van hoop en redding, wat in Jesus Christus gevind word, aan die wêreld te gaan oordra.

Die engele was dalk hiervoor verantwoordelik tydens die eerste Kersfees, maar dit is nou ons beurt. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Gift of Christmas

Kersfees is 'n tyd om die grootste geskenk van almal, Jesus, te vier. Om na die verhaal van Christus se verwagte koms by Kersfees te kyk, herinner ons daaraan dat Jesus gekom het as die vervulling van God se beloftes en getrouheid. Al ons hoop en gebede word beantwoord in die teenwoordigheid van Jesus, Immanuel, God met ons.

More

Ons wil "International Leadership Institute" bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://iliteam.org