Kersfees — die GeskenkVoorbeeld

The Gift of Christmas

DAG 3 VAN 4

Die Teenwoordigheid van 'n Verlosser

Kersfees is altyd spesiaal as gevolg van ons tyd saam met familie, ons vakansie tradisies, lekker kos, spesiale byeenkomste en geleenthede, kleurvolle versierings, en die pret om geskenke te gee en te ontvang. Kersfees gaan alles oor een ding, of nog beter, een Persoon.  

Kersfees is Kersfees ... as gevolg van Jesus. Dit gaan alles oor die werklikheid van God wat in menslike gedaante aarde toe kom. Een van die name vir Jesus is Immanuel, wat "God met ons" beteken. Dink vir 'n oomblik daaraan. God het by ons kom woon. God het ons só lief dat Hy by ons kom woon het, en dit is hoekom ons Kersfees vier.

Die Evangelie van Johannes begin met die stelling: "‭In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God." 'n Paar verse later word hierdie stelling versterk met die verklaring "die Woord het mens geword en onder ons kom woon." "Die Woord het mens geword" spreek direk tot Kersfees. Dit praat van Jesus.

Immanuel: "God met ons!" 

God het menslike vlees aangeneem en saam met ons in die menslike geskiedenis geleef. God het die swakhede van menswees verduur, is in alle opsigte soos ons versoek, maar het nooit enige sonde gepleeg nie. Hy het ons emosies gevoel toe Hy oor Jerusalem en Lasarus, sy vriend, gehuil het. Hy het uiterste pyn in die tuin van Getsemane en fisieke lyding in sy marteling en kruisiging ervaar. Wat 'n wonderlike wete dat God nie net gekom het om by ons te wees nie, maar om ten volle en volkome met ons in ons menswees te identifiseer.  

Dit beteken dat daar nooit 'n tyd, nooit 'n situasie, nooit 'n oomblik is wanneer God nie vir ons beskikbaar is nie. Hy is nie “God was eens met ons was nie,” maar Hy is “God met ons." 

Toe Jesus opgevaar het, het die Heilige Gees in ons kom woon. God het in menslike vlees kom woon deur die menswording van Jesus, en God het in ons lewens kom woon deur die Heilige Gees. 

"Lofsing die Heer, buig voor Hom neer!"  

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Gift of Christmas

Kersfees is 'n tyd om die grootste geskenk van almal, Jesus, te vier. Om na die verhaal van Christus se verwagte koms by Kersfees te kyk, herinner ons daaraan dat Jesus gekom het as die vervulling van God se beloftes en getrouheid. Al ons hoop en gebede word beantwoord in die teenwoordigheid van Jesus, Immanuel, God met ons.

More

Ons wil "International Leadership Institute" bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://iliteam.org