Verstaan Jou Hoekom: Vind En Vervul Jou Roeping Voorbeeld
Geroep om te Volhard
Alle berge het een ding in gemeen: hulle is groot. Hulle doem groot voor ons op en gooi donker skaduwees: siekte, teenkanting, spanning, teleurstelling, rou, vervolging, vrees vir die onbekende.
Berge kan ons in ons spore stuit. Hulle kan ons dwing om weer te dink en te herbeplan. Hulle grootte laat ons nietig en hopeloos voel. Ons moet egter onthou dat God groter as hulle is. Ons word ondersteun deur Iemand wat baie magtiger is as die berg waarvoor ons staan. Ons swakhede is nie 'n hindernis vir God se krag nie.
God kan die swakste persoon gebruik mits hy of sy op sy Gees staatmaak om op 'n hoër vlak te presteer. Hierdie afhanklikheid is die hoeksteen waarop ons lewens gebou is. Die erkenning van ons swakhede is magtig, magtiger as enige voorbeeld van menslike krag. So 'n teenstrydigheid kan slegs bestaan in die onderstebo wêreld van Jesus Christus.
In 1978 is die jong afrigter van die St. Mirren sokkerklub in Skotland afgedank, want hulle het gedink hy doen nie goeie werk nie. Hy wou dit egter nie aanvaar nie. Hy het geglo dat hy onregverdig afgedank is en het die bestuur na 'n nywerheidstribunaal geneem waar hy gevra het om weer as die klub se bestuurder aangestel te word.
Die voorsittende beampte van die tribunaalverhoor het sy eis om heraanstelling van die hand gewys en hom beskryf as kleinlik, onvolwasse en sonder enige bestuursvernuf. Hy was vasbeslote om hulle verkeerd te bewys. Hierdie man is Sir Alex Ferguson, die beste sokker bestuurder van sy geslag.
Jesus het direk vir ons gesê om met die berg te praat: "Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: 'Lig jou op en val in die see,' en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur" (Markus 11:23).
Dit is natuurlik, figuurlik gesproke. Dit is nietemin 'n belangrike les. Ons moet "met die berg praat" — die beloftes van God hardop uitspreek wanneer ons voor oorweldigende teenstand te staan kom.
Woorde van geloof sal die berge van 'n aanval, vernietiging en wanhoop oplos en wegspoel asof 'n berg skielik in die see in gly. Daar is bomenslike krag betrokke wanneer ons die woorde van God duidelik uitspreek.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om God se roeping in jou lewe aan te gryp. Vind en vervul jou roeping terwyl jy jou identiteit bevestig as iemand wat deur God geken word, vir wie Hy lief is en geroep het. Uittreksels kom uit die boek "Know Your Why" deur Ken Costa.
More