Verstaan Jou Hoekom: Vind En Vervul Jou Roeping Voorbeeld
Om Goed te Kies
Die maak van lewenskeuses is nooit maklik nie. Jy is op die punt om kollege of universiteit te verlaat en moet keuses maak oor wat volgende gaan gebeur. Of halfpad deur jou loopbaan bevind jy jouself by 'n kruispad en jy dink, jy voel, dat God jou miskien vir iets nuuts roep. Miskien word jy oortollig verklaar by 'n werk waar jy jare lank was en jy staan voor 'n hele nuwe reeks vrae oor waarheen jy volgende moet gaan. Die rekeninge hoop ook op, dus is daar 'n mate van dringendheid aan jou situasie.
Natuurlik het min mense die voorreg van so 'n keuse, en ons moet dit altyd so sien. Die spoed waarteen tegnologie verander en die vinnig-veranderende landskap van die werkplek, veroorsaak egter dat keuses by tye, vreesaanjaend en oorweldigend is. Dit is amper asof daar te veel alternatiewe is om uit te kies: bly waar ons is, neem 'n blaaskans en keer dan terug werk toe, werk van die huis af, studeer verder, verander van werk of die manier waarop ons dit doen, sluit by ander aan wat iets nuuts doen, beweeg na iets meer "geestelik" of "betekenisvol", neem 'n blaaskans van voltydse vrywilligheidswerk. Die keuses is duiselingwekkend.
My ondervinding is egter dat die keuses aansienlik makliker gemaak word met die wete dat God ons roep en daar is om ons leiding te gee. God eerste. Dit is die plek om te begin.
Die Bybel stel dit duidelik dat God vir ons 'n keuse gee — Hy werk saam met ons, nie net deur ons nie. God gee ons meestal die vryheid om sy weë te soek en dan keuses te maak. Ons funksioneer nie onafhanklik van Hom nie, maar ons is ook nie poppe wat aan 'n toutjie dans nie. Ons persoonlike roepings is nie opdragte nie, maar eerder 'n oproep om nader te kom, 'n aansporing. Ons betree die roepings in vennootskap met God en maak gebruik van die geleenthede wat Hy ons bied en die passies wat Hy vir ons gegee het.
Waar jy jou nou ook al bevind (met die aanvaarding dat jy naby aan God wandel en dit wat jy doen nie immoreel of onwettig is nie), is waar jy veronderstel is om te wees. Jou roeping is nie in een of ander ontwykende, uitheemse, onbereikbare plek nie. Jou roeping is juis hier en nou. Jy word geroep om voort te gaan en in die lig van daardie roeping te leef.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om God se roeping in jou lewe aan te gryp. Vind en vervul jou roeping terwyl jy jou identiteit bevestig as iemand wat deur God geken word, vir wie Hy lief is en geroep het. Uittreksels kom uit die boek "Know Your Why" deur Ken Costa.
More